Kamera kiek glo polisie wat bees steel

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - 'n Ondersoek is aan die gang nadat 'n polisievoertuig afgeneem is op 'n toneel waar vermeende veediewe na bewering besig was om gesteelde beeste agterin dié vangwa te laai.
Foto's van die insident is Dinsdagoggend op die WhatsApp-groep van Farmers' Watch geplaas, en sirkuleer sedertdien wyd in die sosiale media.
Dit blyk die vermeende veediefstal deur onder andere 'n dienaar van die gereg, is deur 'n CCTV-kamera sowat 35 km wes van Windhoek afgeneem.
Me. Adelaide von Wielligh, wat die dryfkrag agter die Farmers' Watch-plaasveiligheidsinisiatief is, het by navraag aan Republikein gesê vier mense, onder wie 'n polisieman, is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2026-03-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer