Kameelperd op Kamanjab-lodge gekwes
Kameelperd op Kamanjab-lodge gekwes

Kameelperd op Kamanjab-lodge gekwes

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Man (25) en 'n seun (15) is Sondag op 'n lodge in die Kamanjab-distrik in verband met die onwettige jag van 'n kameelperd in hegtenis geneem.

Volgens adj.komm. Rudolf Kanyetu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Kunenestreek, het die twee verdagtes die kameelperdkoei glo met honde gejag en haar met onbekende skerp voorwerpe ernstig gekwes.

“Die volwasse kameelperd is lewend gevind, maar was so ernstig in die maag gewond dat haar binnegoed uitgehang het,” sê Kanyetu.

“Weens die ernstige aard van haar beserings het beamptes van die ministerie van die omgewing en toerisme die kameelperd van kant gemaak.”

Die polisieondersoek duur voort.

Volgens Kanyetu sal die verdagtes vandag op 'n klag van die onwettige jag van spesiaal-beskermde wild in die Outjo-landdroshof verskyn.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer