Kambindu tref wéér teen Malawi
Sokker
Elmo Kambindu se derde doel in drie wedstryde het hom gesamentlik boaan die lys van topdoelskieters by die Cosafa-sokkertoernooi in Port Elizabeth geplaas.
Tumisang Orebonye (Botswana) en Sepana Letsoalo, wat gister vir Suid-Afrika 'n driekuns teen Lesotho behaal het, is gelyk met die Namibiese voorspeler.
Kambindu se doel ná 52 minute was opnuut 'n goeie stukkie werk. Nadat hy in die doelgebied sy kaptein Willy Stephanus se lang luglangse aangee op sy bors onder beheer gebring het, met sy rug na die doelkas, het hy omgeswaai en die treffer met sy linkervoet ingestuur.
Die Tafel Lager Brave Warriors, met verskeie plaasvervangings in hul geledere, het gister met 1-1 teen Malawi gelykop gespeel om na dese sewe punte ná drie wedstryde te hê.
Afrigter Bobby Samaria se manne kom vandag in hul laaste groepwedstryd teen Mosambiek te staan, wat vier punte ná ewe veel wedstryde het. Tweede in groep B is Senegal met 6 punte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie