Kalondo, Bazuin haal wéér Choiseul

Jo-Mare Duddy Booysen
Nie net is Monica Kalondo en Tiaan Bazuin vanjaar opnuut in die toonaangewende Choiseul 100 Africa Index ingesluit nie, hulle beklee ook hoër posisies.

Kalondo, pres. Hage Geingob se gade wat verkies om onder haar nooiensvan sake te bedryf, is 56ste op die Choiseul 100 Africa Index 2016. Verlede jaar was sy 64ste en in 2014 75ste. Kalondo het vanjaar dié onderskeiding in haar hoedanigheid as voorsitter van EBank Ltd behaal.

Bazuin, die uitvoerende hoof van die Namibiese aandelebeurs (NSX), lê 59ste op vanjaar se Choiseul-­indeks. Verlede jaar was hy 77ste en in 2014 79ste.

Die indeks word deur die Institut Choiseul in Parys, Frankryk, saamgestel en identifiseer jaarliks die top-100 leiers in Afrika wat jonger as 40 is en ontwikkeling op die vaste­land gaan aanvuur.

Kriteria wat gebruik word, sluit in aansien en beeld, invloed en netwerke, asook potensiaal en leier­skap.

Kommentaar

Republikein 2025-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer