Kalender 25 Januarie
Nou aan die gang
» Windhoek City Market is die ideale geleentheid om ná 'n besige week jou skoene uit te skop en goeie kos en wyn te geniet. Bring kosbare tyd saam met jou familie of vriende by dié mark deur. Dit bied 'n verskeidenheid dekor- en kosstalletjies, en selfs internasionale disse is beskikbaar. Dit sluit Indiese, Spaanse, Suid-Afrikaanse én plaaslike kookkuns in. Hoekom wil jy die wêreld platreis as jy die wêreld by dié mark kan ervaar? 'n Springkasteel is ook heelaand vir kinders beskikbaar. Die wynstalletjies verteenwoordig van Suid-Afrika se beste wyne. Juweliersware, leerprodukte, klere en skoene word ook ten toon gestel. Die Windhoek City Market begin 16:00 en hou tot 21:00 by die Eagles-biertuin aan. Toegang is N$40 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 16. Besoek whatsonnamibia.com.na/events vir meer inligting.
» Skop jou goeie gewoontes vir die nuwe jaar met ’n FarmWindhoekFitness-pretdraf af. Die eerste wedloop vanjaar is die IJG Sunrise Run. Môreoggend kan jy kies tussen 9 km of 17 km. Die begin- en eindpunt is die FarmWindhoekFitness-arena, by IJG Trails in Kleine Kuppe in Windhoek. Deelnemers moet om 06:00 aanmeld. Koffie, ontbyt en drankies sal voor en ná die geleentheid te koop wees. Kaartjies kos N$150 vir die 9 km-roete en N$200 vir die 17 km-roete, en is beskikbaar by EventsToday en PayToday. Aanlyn inskrywings het Woensdag reeds gesluit.
» In samewerking met Concerts SA besoek die indie-folk-sanger en liedjieskrywer Shotgun Tori Namibië nog ’n keer. Shotgun Tori is 'n storieverteller wat uit die hart uit sing. Sy deel stories van hartseer, verraad, dapperheid en onvolmaaktheid. Só dra sy haar interessante, soms humoristiese, maar altyd insiggewende lewensbeskouing oor. Haar rasperstem is terselfdertyd sag en sterk. Tori se musiek plaas jou in die oomblik, of dit nou vrolik of hartseer is. Shotgun Tori is vanaand om 21:00 by die Warehouse-teater in die hoofstad. Kaartjies is by die deur te koop. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na.
s» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied die RMB Art Come Together-uitstalling aan. Dit bevat werke van werkwinkels wat in die Khomas-, Kavango-Oos-, Oshana- en Hardapstreek gehou is. Dié werkwinkels moedig spanwerk onder die deelnemers aan en bied jong deelnemers die geleentheid om in 'n veilige en bemoedigende omgewing skeppend binne ’n groep te wees. Dit fokus daarop dat ons moet kan saamwerk en vorentoe beweeg om volhoubaarheid, vindingrykheid en uitnemendheid te bereik. Dié projek is deel van die NAGN se strategiese doelwitte. Die uitstalling is tans oop kan tot 2 Februarie besoek word. Toegang is gratis
Dinsdag
» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dit gaan ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater word en elke Dinsdag aangebied word. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie