Kalender 24 November
Nou aan die gang
» Sluit by die FNCC aan vir die laaste akoestiese Vrydag van die jaar. Verwelkom NOVA! Hierdie duo gaan vanaand die Akoestiese Vrydag-verhoog inspan om jou deur 'n nag van sielsmusiek met hul oorspronklike reggae-wortels te neem. NOVA bied 'n verskeidenheid klanke en gaan liedjies van hul komende album bekend stel. Kaartjies kos N$70 vooraf en N$100 by die deur. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir meer inligting. Die vertoning begin 20:00.
» COSDEF Arts & Crafts Centre vier die einde van hul opleidingsjaar en die komende vakansieseisoen met 'n markdag wat môre op Swakopmund plaasvind. Die produkte wat by die mark beskikbaar gaan wees, is alles deur die studente van die COSDEF-sentrum gemaak. Die mark open 09:00 en duur tot 15:00. Kinders is welkom.
» AWESOME is ‘n jaareindfunksie vir almal en vind Saterdag om 18:00 by die nuwe City Of Windhoek-parkeerarea plaas. Awesome is Namibië se grootste byeenkoms vir mense, kunstenaars, werknemers en werkgewers wat die afsluiting van die jaar wil vier. Kaartjies kos N$300 by die hek en is by www.webtickets.com.na/ en by Pick 'n Pay beskikbaar.
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.
» Kapana Soul Sessions keer terug na The Wolfshack met die “Life is a Mixed Tape” 90’s-tema. Die partytjie begin môre om 12:00 en gaan tot middernag aan. Kaartjies kos N$30, maar toegang vir dames is gratis tot 20:00. Besoek The Wolfschack se Facebook-blad vir meer inligting oor hierdie spesifieke geleentheid.
Dinsdag
» Die Desert Painters bied met trots die A Year Full Of Life-uitstalling by die Woermanhaus-galery op Swakopmund aan. Die uitstalling duur tot 24 November.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
» Being Here is 'n groepuitstalling wat die werke van Fillipus Sheehama, Barbara Böhlke, Nashilongweshipwe Mushaandja, Lynette Diergaardt, Ismael Shivute en Elisia Nghidishange ten toon stel. Beeldhouwerke, skilderye, tekstiele, optredes en gemengde media vorm deel van die uitstalling. Being Here bestaan uit kunswerke wat op hul eie manier die kompleksiteit van identiteitsverkenning reflekteer. Die uitstalling is by die StArt @ The Wolfshack te sien. Toegang is gratis.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots die Textiles and Textures-uitstalling aan. Die uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke uit die Namibia Arts Association en die Nasionale Kunsgalery se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang weens hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei 2018.
» Petrus Amuthenu se uitstalling ter ere van die Oshiwambo-kultuur, My Heritage, word in die FNCC-galery vertoon. Die uitstalling begin om 08:00 en hou tot 13:00 aan. Toegang is gratis.
» Elke jaar hou die Project Room ‘n groepuitstalling met ‘n gesamentlike tema. Die tema vir 2017 is Roots & Wings. Roots & Wings bestaan uit juwele, keramiek, fotografie, beeldhouwerk, skilderye, sowel as lewendige optredes en die voorlees van gedigte. Altesaam 29 kunstenaars vorm deel van hierdie merkwaardige uitstalling, wat tot 25 November besoek kan word. Vir meer inligting, kontak Frieda Luhl by [email protected] of 081 751 3026.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
» Dit is weer tyd vir die jaarlikse Unam visuele kunsuitstalling. Hierdie uitstalling bestaan uit die werk van die derdejaar- en vierdejaar- diplomastudente wat kursusse in bemarking, keramiek, mode, museumstudies en tekstiel doen. Hierdie is ‘n geleentheid vir kunsliefhebbers om die jong talent wat Namibië bied, te besigtig. Dié meesterstukke kan tot 7 Desember by die FNCC-galery bewonder word. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie