Kalender 24 Januarie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die Woermannhaus-galery op Swakopmund bied tans ‘n opwindende kunsuitstalling aan. Beloved land of savannahs bestaan uit ‘n versameling kunswerke, onder meer landskappe, grafiese werke, fotografie en ander allerlei genres. Van die werke wat ten toon gestel word, is te koop. Die uitstalling is tot 19 Februarie oop en die galery kan Maandag tot Vrydag van 10:00 – 12:00 en weer 15:00 tot 17:00 besoek word. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com.na/events

» Dis nooit te laat om te leer dans nie. Die Nikhita Winkler-dansteater se inskrywings vir die jaar is tans oop. Die dansskool bied hip-hop, tradisionele danse, jazz, kontemporêr en vele meer aan. Vir meer inligting stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected] of kontak 081 140 0996.

» Die gewilde Windhoek City Market is vanaand weer aan die gang by die Windhoek Buitekluboord. Geniet die lieflike klanke van jazz deur talentvolle, plaaslike musikante terwyl jy aan ? wye verskeidenheid plaaslike en internasionale jenewers proe. Daar is iets vir almal. Die Windhoek City Market is ‘n uitstekende plek om ou vriende weer op te spoor en selfs 'n paar nuwes te maak. Die mark begin om 16:00 en kaartjies kan teen N$40 aanlyn by PayToday of by die deur gekoop word.

» Vaughn Ahrens en sy groep tree vanaand by die Utopia-restaurant in Windhoek op. Die kaartjies kos N$295 per persoon en sluit vingerhappies, ‘n welkomdrankie en ander gratis vermaak in. Kaartjies kan by die deur of by PayToday gekoop word. Dit begin om 18:00.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Die Wetenskaplike Vereniging van Namibië bied vanaand om 19:00 ‘n openbare praatjie, deur N. Kandali Iiyambo, oor reptielsmokkel in Namibië aan. Die smokkel van wilde diere (die vierde grootste onwettige handel ter wêreld) word sterk gemotiveer deur groot winste uit onwettige internasionale handel met spesies. Gaan luister en doen jou deel om dié handelsmark te beëindig.

Dinsdag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° #N/A #N/A