Kalender 21 Junie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Vanaand is die immer gewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika. Dié mark is die ideale plek waar jy jou skoene ná ’n besige week kan uitskop en lekker kos en wyn onder die Namibiese sterre kan geniet. Dit bied ’n verskeidenheid kos- en dekorstalletjies. Daar is ook ’n kinderarea. Daar is stalletjies met plaaslike en ingevoerde juwele, leerprodukte, klere, skoene en dekor. Toegang is N$40 vir volwassenes, en gratis vir kinders onder 16.

» Die Swakopmund-hotel en -vermaaksentrum bied vanaand ’n reuse- komedie-show aan. Geniet ’n aand van bekendes wat die maagspiere behoorlik gaan kielie. Belangstellendes kan na Larry Soffer, Stuart Lightboy en Stuart Taylor uitsien. Kaartjies is teen N$300 by die deur beskikbaar. Die show begin om 18:00. Vir meer inligting, besoek,whatsonnamibia.com.na/events.

» Die Cosdef-sentrum op Swakopmund bied môre ’n musiekfees aan. Die fees is ter viering van alle musiekgenres en kulture. By die geleentheid sal stalletjies, kos en drankies beskikbaar wees. Toegang is gratis en die vieringe begin om 10:00. Vir meer inligting, besoek hul webtuiste.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die kunsvereniging op Swakopmund bied die uitstalling Nature at its best aan. Die vereniging se privaat versameling is deel van die uitstalling, en spesiale, unieke kunswerke word ook vertoon. Nature at its best is by die Woermannhaus-galery te sien en is oop tot 20 Julie 2019. Die galery is Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 17:00 oop. Saterdae kan dit van 10:00 tot 12:00 en Sondae van 10:00 tot 12:00 besoek word.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) nooi alle kunsliefhebbers uit om vanaand die solo-uitstalling Metaphor, deur die Namibiese beeldende kunstenaar Alfeus Mvula, te besoek. “Mvula se kuns word deur sy persoonlike lewe en vroeë ervarings in Namibië beïnvloed,” sê dr. Meredith Palumbo in die inleiding vir sy katalogus genaamd Identity. Sy voer verder aan: “Die onderwerp van sy kuns verwys na sy landelike wortels en sluit uitbeeldings van beeste, tradisionele voorwerpe, Afrikarokke en die landskappe van die Noorde in.” Die uitstalling het ’n kragtige metafoor vir Namibiërs geword. Mvula sê: “Die kop is deel van die liggaam; die kop is iemand in beheer van ’n groep; kop is die plek van ons verstand en verstandelike vermoëns”. Metaphor is tot 22 Junie by die NAGN te sien.



Woensdag

» Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied vanaand, môre- en Vrydagaand die stuk Meet me at Dawn aan. Dit gaan oor twee vroue wat ná ’n bootongeluk op ’n vreemde plek van verdriet vasgevang word. Gaan kyk wat met hierdie twee karakters gebeur wanneer hulle al die reëls ter wille van oorlewing moet breek. Lara Lyn Ahrens en Roya Diehl vertolk die rolle van hierdie twee vroue, en die bekende Sandy Rudd het die regie behartig. Geen kinders onder 16 toegelaat nie. Kaartjies is teen N$150 aanlyn by today.com.na/events beskikbaar.

» Namibian Identity Through Textiles is ’n solo-uitstalling deur die Namibiese kunstenaar Lynette Diergaardt, wat tans by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) te sien is. Die uitstalling behels ’n versameling afdrukke wat die soeke na ’n Namibiese identiteit uitdruk deur die elemente van patroon, herhaling, kleur en tekstuur te gebruik. “So lank as wat ek ’n student en kunsonderwyser was, was daar ’n soektog na ’n Namibiese identiteit, veral ná apartheid, en dalk ook internasionale invloede deur middel van media en ingevoerde produkte,” sê Lynette. Die kunstenaar is die afgelope vier jaar op ’n ontdekkingsreis van wie ons visueel as Namibiërs is. Namibian Identity Through Textiles is tot 6 Julie oop vir die publiek. Vir ander uitstallings wat by die NAGN plaasvind, besoek hul webtuiste of Facebook-blad.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Goëthe-Institut bied The Power of Emotions – Macht der Gefühle aan, wat tans vir die publiek oop is. Die uitstalling beeld die Duitse gemeenskap se reaksie op die hantering van meganismes van maatskaplie en politieke verandering oor die afgelope 100 jaar uit. Die versameling foto’s en tekste bekyk hoe emosies beide maatskaplike en politieke aangeleenthede beïnvloed. Die uitstalling sal ook na Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund reis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%