Kalender 18 Januarie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans in die NAGN se hoofgalery te sien. Die uitstalling weerspieël studente se toewyding en skeppendheid die afgelope akademiese jaar, en kan vandag en môre besoek word.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) kondig die uitstalling 'RMB Art Come Together' aan. 'n Uitstalling van die uitslae van kunswerkwinkels in die Khomas, Kavango-Oos, Oshana en Hardapstreek. Die werkwinkels moedig spanwerk onder die deelnemers aan. Dit is belangrik om 'n platform te bied vir jong deelnemers (in die geval van skoolleerlinge en amateurkunstenaars) om groepdinamika in 'n veilige en bemoedigende omgewing te beoefen. Dit skenk ook aandag aan die idee dat ons moet kan saamwerk en vorentoe beweeg om volhoubaarheid, vindingrykheid en uitnemendheid te bereik. Hierdie inisiatief is deel van NAGN se strategiese doelwitte wat die produksie van innoverende kunswerke en kunsvlyt in Namibië moet fasiliteer en opvoedkundige programme ten opsigte van visuele kuns en handwerkaktiwiteite in samewerking met toepaslike instellings en verskaffers moet ontwikkel. Die uitstalling is tans oop kan tot 2 Februarie besoek word. Toegang is gratis.

» In samewerking met Concerts SA besoek indie-folk-sanger en liedjieskrywer, Shotgun Tori, weer Namibië. Shotgun Tori is 'n storieverteller wat uit haar hart en haar wortels sing. Sy deel stories van hartseer en ontrouheid, om dapper en onvolmaak te wees, die pad en die geheime van menswees. 'n Vrou met 'n stem en 'n kitaar en liedjies wat met 'n interessante, soms humoristiese, maar altyd insiggewende lewensbeskouing oorgedra word. Haar rasperstem is beide sag en kragtig. Tori se musiek plaas jou in die oomblik, terwyl dit soms pret en optimisties is, is dit dikwels rou en hartverskeurend. Sy is môreaand by Desert Tavern op Swakopmund om 20:00 te sien. Kaartjies is by die deur te koop. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com.na.

» Bruno Gröning-lesings oor die natuurlike pad na gesondheid en genesing sal in Windhoek en Karibib plaasvind. ‘n Spreker uit Oostenryk sal die pad na alternatiewe genesing en gesondheid bespreek. Die fokus is op mnr. Bruno Gröning (1906 – 1959), ‘n Duitse geloofsgeneser, wat internasionaal bekend geword het toe wonderbaarlike genesings in 1949 begin het. Venues: Windhoek, Khomasdal-gemeenskapsaal, hoek van Richardine Kloppers- en Edselstraat: 20 Januarie (19:00) en 25 Januarie (19:00). Karibib, Usab-gemeenskapsaal: 21 Januarie (19:00) en 24 Januarie (15:00 tot 19:00). Vir meer inligting, besoek www.bruno-groening.org.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Dinsdag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en musiek saam te geniet. Dié geleentheid gaan ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater word en elke Dinsdag plaas. Showcase Namibia stel ons unieke plaaslike kultuur ten toon. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van die interaktiewe vertoning van 45 minute. Kaartjies is beskikbaar teen N$170 by die deur. Die geleentheid begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A