Kalender 13 September

13 September 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Beat Street is terug vir nog ‘n weergawe van hul bekende Hip Hop-partytjies van die ou skool, wat altyd ‘n fees van lekkerte is. Beat Street bestaan uit DJ Soulfood en DJ Musketeer, en gaan seker maak jy dans vanaand tot jy blase op jou voete het. Die geleentheid vind by die Warehouse-teater plaas en die toegang is gratis. Die deure open om 20:00. Vir meer inligting en ander geleenthede by die Warehouse-teater, besoek hul Facebook-blad.

» Frank Opperman is terug met 'n splinternuwe eenmanvertoning wat beloof om gehore nog meer aan te gryp en te laat lag as in enige van sy vorige vertonings. In Donkie ontmoet ons mnr. Swart, die 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, 'n voormalige model C-skool. "Donkie" is almal se bynaam vir die skoolhoof. Mnr. Swart is 'n man onder druk. Frank Opperman is môreaand om 20:30 by WAP te sien. Kaartjies kan by die deur teen N$150 gekoop word.

» Leonard Witbeen en die bekende Oc Ebs tree môre-aand by die Benjamin Kheimseb-gemeenskapsaal op Tsumeb op. Gaan geniet ‘n aand van histeriese komedie en vergeet ‘n bietjie van die daaglikse uitdagings. Die show begin om 19:00 en kaartjies kan aanlyn by webtickets.com.na/ teen N$100 gekoop word.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se negende keramiekbiënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied. Die geleentheid is die hoogtepunt op die PAN-kalender en lok jaarliks talle inskrywings en pottebakkery-entoesiaste. Die biënnale is tans oop en sal tot 20 September duur. Bank Windhoek het die geleentheid, saam met verskeie ander ondernemings in Namibië en Suid-Afrika, ruim geborg. PAN bied vanjaar kontantpryse in ’n verskeidenheid kategorieë aan. Dit sluit onder meer wielwerk, handbeeldhouwerk, nuwe werke en nuweling van die jaar in. Die nuweling van die jaar word deur die publiek aangewys. Vir meer inligting, besoek www.pan.iway.org of stuur ’n e-pos na [email protected]

» Showcase Namibia is ’n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» ‘n Fotografie-uitstalling getiteld Sister Tribe deur die bekende, plaaslike fotograaaf Karin Retief is tans by Woermannhaus-galery op Swakopmund te sien. Met haar aangrypende werk neem Retief jou op ‘n reis wat handel oor die vroue van Afrika, volgens haar die ruggraat van die vasteland. Die uitstalling duur tot 22 September en toegang is gratis.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Woensdag

» Disruption in Time is ‘n uitstalling van visuele kunswerke wat deur meer as een kunstenaar vervaardig is, maar nie tegelyk of in dieselfde ruimte nie. Die uistalling is tans aan die gang by die Goethe-instituut. Die uitstalling is deur Jaimee-Lee Diergaardt gekoördineer en ondersoek die tema en konsep van hoe herinneringe ‘n persoon se kuns en persoonlike identiteit beïnvloed. Die uistalling is tot 20 September oop vir die publiek. Toegang is gratis.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Paartjies vernoem babadogters na Erindi

7 ure gelede | Gemeenskap

Yolanda Nel – Nie een nie, maar twee paartjies het op Erindi tydens hul reise na Namibië verlief geraak en hul babadogters na die gewilde...

'Sê vir ons oor Air Nam se geldsake’

7 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Werknemers van Air Namibia wat gister net 50% van hul maandelikse salaris ontvang het om só die benarde kontantvloei te beredder, wil...

Weer vir 30 September 2020

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met enkele buie. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar warm in die ||Kharasstreek....

Houtskool: Eendagtegniek beter, goedkoper

7 ure gelede | Byvoegsels

Elvira Hattingh'n Nuwe verbrandingstegniek waarvoor tradisionele kilns ingespan kan word, verkort nie net houtskool se verbrandingstyd na een dag toe nie, maar is ook meer...

Etosha-ollie met strik gevind

7 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg – ’n Olifantjie wat Sondag met ’n kabelstrik om die voorbeen naby Namutoni in die Etosha Nasionale Park gewaar is, sal vandag van...

Steel van Covid-19-oorskot veroordeel

7 ure gelede | Misdaad

Ester Kamati – ’n Groep gemeenskapslede wat ’n Covid-19-oorskot uit die lykshuis van die Osire-vlugtelingkamp gesteel en dit dieselfde dag begrawe het, se optrede is...

La Niña amptelik aan stuur van (weer)sake

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Dis amptelik – La Niña, wat dikwels vereenselwig word met beter reënneerslae in suider-Afrika, is aan stuur van die wêreld se weersake....

'Toerismebedryf moet aanpas'

7 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg op Solitaire – Die toerismebedryf moet by die veranderde omstandighede weens die Covid-19-pandemie en -regulasies aanpas om te oorleef.Só het mnr. John de...

Klag teen eerste minister faal

7 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se ondersoekbeampte, mnr. Phelem Masule, se regsgeding teen die Namibiese eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, is van die hofrol...