Kalahariwoestyn: Geen borg vir soldaat

Regering betoon geen medelye

10 September 2019 | Misdaad
Elvira Hattingh - Die hof het gister beslis 'n lid van die teenmisdaadveldtog Operasie Kalahariwoestyn, mnr. Mulele Darrel Nyambe, kan nie op borgtog vrygelaat word nie en moet in aanhouding bly.

Nyambe het gister sy eerste hofverskyning in die Windhoekse landdroshof in Katutura op aanklag van moord gemaak.

Dít volg nadat Nyambe mnr. Benesius Kalola (32) verlede Donderdag omstreeks 10:45 glo ten tyde van 'n dwelmklopjag geskiet het.

Kalola het later dieselfde dag in die Katutura-staatshospitaal aan sy wonde beswyk.

Nyambe se saak is gisteroggend tot 29 Januarie 2020 uitgestel sodat hy regshulp kan bekom, asook vir verdere ondersoek.

Die staatsaanklaer, me. Victoria Likius, het borgtog teengestaan en aangevoer dit sal nie in die belang van geregtigheid wees nie, omdat die saak nog ondersoek word en weens die erns van die saak.

Landdros Atutala Shikalepo het Nyambe ingelig van sy reg op 'n formele aansoek om borgtog.

MEDIA VERJAAG

Die media het gister talle uitdagings in die hof ervaar.

Tydens verrigtinge kon verskeie lede van die media nie in die hof sitplek kry nie en moes hulle buite hof A-1 se deure staan.

Foto's mag nie van die beskuldigde geneem word toe hy sy eerste verskyning gemaak het nie, terwyl landdros Shikalepo reeds in die hof teenwoordig was.

Boonop is die hof se deure in 'n stadium toegemaak, met verskeie lede van die media wat uitgesluit is.

Verslaggewers het foto's van Nyambe probeer neem by die toonbank waar hy by die hof uitgeteken sou word, maar is deur 'n vroulike polisiebeampte beveel om uit te gaan, omdat “dit nie 'n plek is vir die media om te staan nie”.

Sy het lede van die media na buite geneem en die deure agter haar ­toegemaak.

Buite die hof het ongelukkige ­familielede van Kalola die media toegespreek.

Me. Laina Nekundi, wat sê sy is Kalola se tannie, het gesê buiten mnr. McHenry Venaani van die Popular Democratic Movement (PDM), het niemand van die ­regering tot dusver medelye aan die oorledene se familie betoon nie.

Lt.kol. Petrus Shilumbu, weermagwoordvoerder, wou gister nie sê oor watter range Nyambe beskik nie.

Hy het gesê Nyambe moet slegs genoem word soos wat daar na hom op die hofrekord verwys word.

Op hofrekords word hy slegs “be­skuldigde 1, Mulele Darrel Nyambe” genoem.
- [email protected]

Soortgelyk

 

Geld rol vir ramp

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die regering se N$8-miljardvoorskrif teen die ekonomie se Covid-koors is gister deur ekonome verwelkom, veral omdat dit amptelik as die eerste fase...

Baba jongste Covid-19-geval

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - ’n Nege maande oue baba is saam met sy pa die nuutste twee gevalle van Covid-19 in Namibië. Dit bring die nasionale...

Só werk landbou in inperkingstyd

8 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Tydens die inperkingstyd mag naweekboere nie heen en weer vanaf hul plase en wonings in dorpe beweeg nie. Voltydse boere en plaaswerkers...

NMH skenk toerusting, kospakkies vir padblokkades

8 ure gelede | Gesondheid

In ’n poging om die vinnige vloei van noodsaaklike vragverkeer by die vier padblokkades na die Khomasstreek te bewerkstellig, het Namibia Media Holdings (NMH) gister...

Noodtoestand: ‘Niks is normaal’

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê Namibiërs bevind hulle midde-in ’n buitengewone situasie. “Ons is in ’n noodtoestand. So, niks...

Weer vir 2 April 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in die...

Pandemie slaan toerismebedryf hard

8 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die toerismebedryf gaan heel waarskynlik die hardste deur die Covid-19-pandemie getref word. Só sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië...

Fishrot-hokaairoeper glo gedreig, vergiftig

8 ure gelede | Misdaad

Catherine Sasman – Mnr. Jóhannes Stefánsson, hokaairoeper in die internasionale korrupsieskandaal, oftewel die Fishrot-sage, het aan Yslandse verslaggewers gesê hy is al verskeie kere vergiftig...

Fitch gradeer SA banke verder in rommel in

8 ure gelede | Afrika

Nellie Brand-Jonker - Fitch het die vyf groot banke van Suid-Afrika naamlik Absa, FirstRand, Investec, Nedbank en Standard Bank verder in rommel afgradeer.Alle nasionale langtermyngraderings...