Kaktusse die stryd aangesê
Tanja Bause - Sowat 100 personeellede van Deloitte Namibië het saam met hul gesinne gehelp om kaktusse by die waterreservoir in Windhoek uit te roei.
Kaktusse is nie inheems aan Namibië nie, maar is 'n plaag wat inheemse plante se groei beïnvloed omdat dit verskeie droogtejare kan oorleef. Boonop groei en versprei hulle vinnig ná 'n paar druppels reën.
Om die plaag onder beheer te kry, moet die kaktusse met gif behandel word of per hand uitgekap word. Die gebruik van gif behoort egter nie die eerste opsie te wees nie omdat oorblyfsels daarvan in die hoofstad se grondwater of in die Goreangabdam beland.
“Die kaktusse moet met hul wortels verwyder word, anders groei dit net weer. Elke blaar moet ook opgetel en verwyder word, omdat dit ook kan wortelskiet,” het me. Gunhild Voigts verduidelik.
Die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir soliede afval het Vrydag twee groot vullishouers beskikbaar gestel waarin die kaktusse geplaas is voor dit verwyder is.
“Teen 15:00, toe die skoonmaakveldtog verby is, het ons 10 van dié groot houers vol kaktusse weggery,” het Voigts gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie