Kaktusse die stryd aangesu00ea
Kaktusse die stryd aangesu00ea

Kaktusse die stryd aangesê

Tanja Bause
Tanja Bause - Sowat 100 personeellede van ­Deloitte Namibië het saam met hul gesinne gehelp om kaktusse by die waterreservoir in Windhoek uit te roei.
Kaktusse is nie inheems aan Namibië nie, maar is 'n plaag wat ­inheemse plante se groei beïnvloed omdat dit verskeie droogtejare kan oorleef. Boonop groei en ver­sprei hulle vinnig ná 'n paar druppels reën.
Om die plaag onder beheer te kry, moet die kaktusse met gif behandel word of per hand uitgekap word. Die gebruik van gif behoort egter nie die eerste opsie te wees nie omdat oorblyfsels daarvan in die hoofstad se ­grond­water of in die Goreangabdam beland.
“Die kaktusse moet met hul wortels verwyder word, anders groei dit net weer. Elke blaar moet ook opgetel en verwyder word, omdat dit ook kan wortelskiet,” het me. Gunhild Voigts verduidelik.
Die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir soliede afval het Vrydag twee groot vullishouers beskikbaar gestel waarin die kaktusse geplaas is voor dit verwyder is.
“Teen 15:00, toe die skoonmaakveldtog verby is, het ons 10 van dié groot houers vol kaktusse weggery,” het Voigts gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-06-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer