Kahimise terug op sy pos
Kahimise terug op sy pos

Kahimise terug op sy pos

Die skorsing van die munisipa­liteit se uitvoerende hoof is ter syde gestel.
Augetto Graig
Windhoek-munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, sal vandag weer sy pos volstaan ná die stadsva­ders moes erken sy onmiddellike skor­sing verlede Maandag was onwettig.

Republikein se susterpublikasie Namibian Sun berig dít volg op 'n streng bewoorde brief van Kahimise se regsverteenwoordiger, mnr. Patrick Kauta.

In die brief noem Kauta die munisipale bestuurskomitee het geen mandaat om sy kliënt te skors nie.

Kauta se brief beweer die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, se goedkeuring van Kahimise se skorsing was op valshede gebaseer.

In die brief, wat aan die adjunk­burgemeester, me. Teckla Uwanga, gerig is, sê Kauta Uwanga het doelbewus aan die minister gesê die stadsraad is deur die bestuurskomitee aangeraai om Kahimise te skors, wat nie waar is nie.

Kahimise se skorsing was glo sodat beweringe teen hom ondersoek kan word.

Dié beweringe sluit in dat hy 'n onregmatige studielening van die munisipaliteit ontvang het.

Kauta sê die raadsvergadering waar die besluit om Kahimise te skors geneem is, was onreëlmatig.

Dít wat betref hoe dit byeengeroep is, wie teenwoordig was en hoe dit saamgestel is.

Hy sê verder Kahimise se skorsing het nie met eerlikheid gepaard gegaan nie.

Volgens Kauta is Kahimise ook nie die geleentheid gegun om homself te verdedig nie.

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer