Kahimise in hof oor omstrede stadsraadvergadering
Jana-Mari Smith – Die Windhoek munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise is vandag met ’n dringende aansoek in die hoërhof.
Die aansoek hou verband met ’n klag dat die stadsraad en bestuurskomitee verlede week glo onwettige vergaderings gehou en onreëlmatig ’n uitvoerende hoof vir die munisipaliteit aangestel het.
Kahimise versoek die hof om alle besluite ter syde te stel wat tydens die vergaderings verlede week geneem is, wat insluit die verlenging van die kontrak van die stadspolisie se hoof, mnr. Abraham Kanime.
“Ten spyte daarvan dat die stadsraadslede ’n duidelike waarskuwing ontvang het dat hul optrede onwettig is en dat hulle nie in die huidige omstandighede ’n stadsraadvergadering moet hou nie, blyk dit dat hulle steeds daarmee voortgegaan het,” is in Kahimise se beëdigde verklaring geskryf.
Die omstrede vergadering is inderhaas deur die stadspolisie se Paukeni Titus gereël, wat intussen as die munisipaliteit se waarnemende uitvoerende hoof aangestel is. Volgens Kahimise en nog ander klaers was die vergadering onregmatig.
Vanaf die begin van die vergadering was lede warm onder die kraag en etlike ure van chaos het geheers.
Die Rally for Democracy and Progress (RDP) se raadslid Brunhilde Cornelius en Ignatius Semba van die Popular Democratic Movement (PDM) het die wettigheid van die vergadering bevraagteken, asook die aanstelling van Titus as die waarnemende uitvoerende hoof.
Hulle het reeds vóór die vergadering ’n klag by die polisie ingedien dat die vergadering nie noodsaaklik was nie en in stryd is met Covid-19 regulasies sover dit openbare byeenkomste betref.
Kahimise se prokureurs het op dieselfde dag ’n brief aan burgemeester Fransina Kahungu geskryf om te sê hulle is in kennis gestel van Titus se aanstelling. Hulle het beklemtoon die aanstelling van ’n waarnemende uitvoerende hoof – terwyl Kahimise in staat is om sy pligte uit te voer – is onreëlmatig.
“Daar word voorgehou dat die uitvoerende hoof nie afwesig is nie en dat hy ook nie nie in staat is om sy funksies en pligte te verrig nie.”
Dit was dus onwettig van Titus om opdrag te gee dat die vergadering moet plaasvind. Dit, ten spyte van ’n vroeër opdrag deur Kahimise dat dit tot ná die inperkingstyd (7 Mei) uitgestel moet word. So ook is sy aanstelling onreëlmatig, word in die hofdokumente betoog.
Verder word in Kahimise se beëdigde verklaring genoem dat die vergadering neerkom op ’n openbare byeenkoms wat “’n ernstige oortreding van die regulasies” is.
Kahimise het beklemtoon dat hy eers ’n dag voor die tyd bewus gemaak is van die besluit deur onder andere Kahungu om die vergadering te hou.
Hy het onmiddellik stappe geneem om regsadvies in te win en het stadsraadlede ingelig dat die vergadering onwettig sou wees, maar dit is geïgnoreer.
Kahimise voer verder aan dat as die persoon wat vir die munisipaliteit verantwoordelik is, kan hy nou krimineel aangekla word vir die aksies van die stadsraadslede en is hy onderwerp aan dissiplinêre stappe vir nalatigheid.
Hy sê hy het NamPol van die beoogde vergadering in kennis gestel en gevra dat hulle dit keer. Hy het ook die minister van stedelike en landelike ontwikkeling daarvan in kennis gestel.
Die hoërhofregter Kobus Miller sal die aansoek aanhoor.
FOTO:
CHAOS: Verlede week se kontroversiële stadsraadvergadering. FOTO JANA-MARI SMITH

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie