Kabouterland sien om na Aus se kleinspan

Richard Fryer
’n Paar jaar gelede het ’n groep vroue en ma’s op Aus die behoefte aan ’n kleuterskool gesien.
Dit was nie lank nie of ’n aansoek is aan die streekkantoor van onderwys op Keetmanshoop gerig om ’n klaskamer by die Marmer-skool vir dié doel te gebruik.
Alles is goedgekeur en op 7 Maart 1998 het Kabouterland sy deure vir die eerste 35 kleuters geopen. Vier van die ma’s het mekaar afgelos om die kleuters te onderrig.
Ongelukkig het die klaskamer vinnig te klein geword en baie van die ma’s wat onderrig gegee het, het weens ander verpligtinge die skool verlaat.
Me. Magdalene Motinga het egter deurentyd die belange van Kabouterland op die hart gedra en haar droom was om ’n gebou van hul eie vir die skool op te rig.
Skenkings is van oral gevra en uiteindelik, op 27 Maart 2004, het hulle ’n antwoord by Skorpion Zinc gekry. Ná ’n besoek deur die gewese hoofbestuurder van die myn, mnr. Gerald Boting, en sy vrou, het Skorpion Zinc ingestem om ’n skoolgebou vir die kleuters te skenk.
Vandag nog voorsien die myn elke maand kos aan die kleuterskool.
Op die oomblik gaan 24 kleuters tussen die ouderdom van 2 en 5 jaar daar skool.
“Die ouers is veronderstel om N$60 per kind per maand te betaal, maar sukkel soms om dit by te bring. As gevolg hiervan word kinders somtyds aan die skool onttrek,” het die skoolhoof, me. Jacopina Seister, gesê.
“Ons het al ’n insameling gehou en soetgoed verkoop sodat ons ’n rekenaar en drukker kan koop. Vandag is ons ’n trotse Kabouterland met ons eie gebou – ’n bewys drome kán waar word as jy hard werk,” het Seister gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A