Kabinet: Oorweeg samewerking met China

Heelparty aanbiedinge ter tafel gelê

12 October 2018 | Internasionaal
Namibië se kabinet het ’n hoëvlak- tegniese komitee aangestel om die implementering van ooreenkomste met China te behartig.

Dít volg op 'n verslag oor die Forum vir China-Afrika samewerking waaraan Namibië vroeg in September vanjaar deelgeneem het.

Namibië sal met samewerking met China voortgaan deur politieke samesprekings, terwyl die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking opdrag gegee is om die moontlikheid van die samestelling van 'n gesamentlike kommissie tussen dié twee lande te ondersoek.

Ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking: Namibië sal soortgelyke byeenkomste in die toekoms bywoon, onder meer die tweede Belt and Road Forum for International Cooperation wat volgende jaar in China plaasvind, die vyfde politieke samesprekings tussen China en Afrika se ministers van buitelandse sake by die Verenigde Nasies (VN) se algemene vergadering in September 2019, en die agtste ministeriële konferensie wat volgens plan in 2021 in Senegal sal plaasvind.

Ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling: Dié ministerie moet verseker Namibiese besighede neem aan die byeenkoms vir openbare ondernemings en internasionale in- en uitvoere in Shanghai in November vanjaar deel. Hy moet ook amptenare na die Namibiese ambassade in Beijing stuur, gegewe China en Afrika se toenemend sterker ekonomiese bande.

Die ministerie van landbou, water en bosbou: Dié ministerie moet ondersoek hoe Namibië kan baat by China se aanbod om Afrikalande met kapasiteitsbou en tegnologie-oordrag te help. Die uitruil van landbouwetenskaplikes moet oorweeg word, asook die toepassing van nuwe navorsingstegnieke. Die ministerie moet oorweeg of Namibië ’n China-Afrika-navorsingsentrum vir die ontwikkeling van landbou wil huisves.

Ministerie van werke en vervoer: Dié ministerie moet China se aanbod oorweeg om lugvaartpersoneel op te lei en kapasiteit te bou om aan internasionale praktyke en standaarde te kan voldoen.

Ministerie van myne en energie: China se aanbod om ’n gesamentlike navorsingsentrum vir geowetenskaplike samewerking en ’n sentrum vir samewerking op die gebied van energietegnologie in Afrika op te rig, moet oorweeg word. China het ook opleiding vir Afrika-amptenare in die bestuur van kragstelsels aangebied, wat oorweeg moet word.

Ministerie van visserye en mariene hulpbronne: Dié ministerie moet China se aanbod vir tegniese ondersteuning en kapasiteitsbou deur samewerking met Chinese maritieme instellings en mariene navorsingsinstellings oorweeg.

Ministerie van die omgewing en toerisme: Daar moet met China saamgewerk word wat verwoestyning, grondverswakking en droogtebestuur betref. Namibië se gebruik van satellietdata in die voorkoming van rampe moet ondersoek word. Hulle moet ook oorweeg of Namibië ’n sentrum vir omgewingsbewaring en klimaatsverandering moet huisves.

Ministerie van finansies: Dié ministerie moet met China saamwerk om belastinginvordering en administrasie te verbeter en China se lenings vir die bevordering van vervoerinfrastruktuur oorweeg.

Die kantoor van die eerste minister moet uitruilprogramme en samewerking tussen die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) en die Suid-Suid- samewerkings- en ontwikkelingsinstituut ondersoek.

Ministerie van onderwys, kuns en kultuur: China se aanbod om klein weerstasies by skole op te stel, moet ondersoek word.

Ministerie van inligting en kommunikasietegnologie: Dié ministerie moet China se aanbod vir tegniese ondersteuning en opleiding vir radio- en televisie-ontwikkeling opvolg.

Ministerie van sport, jeug en nasionale diens: China se aanbod vir uitruilgeleenthede vir jongmense, Chinese beurse vir Namibiese studente en die bevordering van jong vroue-entrepreneurs moet oorweeg word.

Die ministeries van verdediging, en van veiligheid en sekuriteit is opdrag gegee om Chinese samewerking te oorweeg in terme van openbare veiligheid, die bewaring van vrede, kuberveiligheid en terrorisme. Hulle moet China se hulp op die gebiede van die insameling van inligting, veiligheid, verdediging, militêre mediese wetenskap en personeelopleiding oorweeg.

Die Teenkorrupsiekommissie moet China se aanbod om ’n 100 amptenare jaarliks van volgende jaar af tot 2021 oorweeg, terwyl die nasionale beplanningskommissie alles moet koördineer.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

23 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

23 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

23 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

23 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

23 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...