Kabinet neem aksie teen droogte

04 September 2019 | Omgewing
Die kabinet het goedkeuring gegee vir die oordrag van nog N$7 miljoen na die streeksrade van Oshana en Oshikoto om waterpype aan te lê en tenks vir droogteverligting te installeer. Dit is bykomend tot die sowat N$30,5 miljoen wat alle streeksrade reeds vir boorgatrehabilitasie en waterpunt-installasiewerk gekry het.

Volgens die kabinet is hulle bewus van die toename in behoeftes wat die droogte veroorsaak. Die kantoor van die eerste minister is ook goedkeuring gegee om meer hulpbronne uit die nasionale noodrampfonds vry te stel ten einde erg geraakte gemeenskappe met watervoorsiening te help. Terselfdertyd is die ministerie van landbou, water en bosbou die opdrag gegee om ʼn sakemodel vir elk van die regering se slagpale en vleisverpakkingsaanlegte te voltooi, met klem op die bemarking van vee uit die kommunale landbougebiede.

Groenskemaprojekte moet voerproduksie verhoog en ʼn nuwe sakemodel moet binne ʼn maand vir elke groenskema ontwikkel word. Die ministeries van landbou en finansies moet ook geld beskikbaar stel vir bestaande boereskemas en Agribusdev om nuwe metodes vir voerproduksie, insluitend hidroponika en bos-tot- voermasjiene, te finansier.

Soortgelyk

 

Geld rol vir ramp

10 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die regering se N$8-miljardvoorskrif teen die ekonomie se Covid-koors is gister deur ekonome verwelkom, veral omdat dit amptelik as die eerste fase...

Baba jongste Covid-19-geval

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - ’n Nege maande oue baba is saam met sy pa die nuutste twee gevalle van Covid-19 in Namibië. Dit bring die nasionale...

Só werk landbou in inperkingstyd

10 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Tydens die inperkingstyd mag naweekboere nie heen en weer vanaf hul plase en wonings in dorpe beweeg nie. Voltydse boere en plaaswerkers...

NMH skenk toerusting, kospakkies vir padblokkades

10 ure gelede | Gesondheid

In ’n poging om die vinnige vloei van noodsaaklike vragverkeer by die vier padblokkades na die Khomasstreek te bewerkstellig, het Namibia Media Holdings (NMH) gister...

Noodtoestand: ‘Niks is normaal’

10 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê Namibiërs bevind hulle midde-in ’n buitengewone situasie. “Ons is in ’n noodtoestand. So, niks...

Weer vir 2 April 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in die...

Pandemie slaan toerismebedryf hard

10 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die toerismebedryf gaan heel waarskynlik die hardste deur die Covid-19-pandemie getref word. Só sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië...

Fishrot-hokaairoeper glo gedreig, vergiftig

10 ure gelede | Misdaad

Catherine Sasman – Mnr. Jóhannes Stefánsson, hokaairoeper in die internasionale korrupsieskandaal, oftewel die Fishrot-sage, het aan Yslandse verslaggewers gesê hy is al verskeie kere vergiftig...

Fitch gradeer SA banke verder in rommel in

10 ure gelede | Afrika

Nellie Brand-Jonker - Fitch het die vyf groot banke van Suid-Afrika naamlik Absa, FirstRand, Investec, Nedbank en Standard Bank verder in rommel afgradeer.Alle nasionale langtermyngraderings...