Kabinet klassifiseer sportkodes

Augetto Graig
Augetto Graig - Die kabinet het ? voorstel deur die ministerie van sport, jeug en nasionale diens goedgekeur om die 53 sportkodes in Namibië in nuwe kategorieë te verdeel.
Rugby, sokker en netbal word nou as nasionale sportkodes beskou en sal dus die grootse befondsing ontvang.
Daarna volg prioriteit-sportkodes wat atletiek, boks, stoei en die Paralimpiese Spele insluit.
Laastens volg die ontwikkelingsportkodes. In hierdie kategorie val krieket, gimnastiek, swem, boogskiet, hokkie, vlugbal, karate, skopboks en Oosterse gevegskuns, tennis, perdewedrenne, perdry, ys- en inlynhokkie, basketbal, muurbal en skiet.

Kommentaar

Republikein 2025-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer