Kabinet besluit teen invoer van gevaarlike afval
Augetto Graig - Die kabinet het tydens hul onlangse vergadering besluit om die invoer van gevaarlike afval van ontwikkelde lande teen te staan.
Dít deur die aanpassingsverbod van die Basel-konvensie teen dié praktyk goed te keur sodat die parlement dit kan bekragtig.
Volgens mnr. Tjekero Tweya, minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), is artikel 95 (L) van die Grondwet van toepassing op hierdie besluit.
Artikel 95 hanteer die welsyn van die Namibiese volk en afdeling (L) stel uitdruklik dat die regering maatreëls moet tref teen die storting of herwinning van buitelandse kern- en giftige afval op Namibiese grondgebied.
Terselfdertyd het die kabinet ook besluit op die toetreding tot die Minamata-konvensie op kwik sodat die omgewing en mense teen kwikbesoedeling beskerm kan word.
Die ministerie van die omgewing en toerisme het ook dié voorstel na die land se hoogste besluitnemers geneem.
Die konvensie sal eers toegepas kan word ná die minister die dokument geteken en bekragtig het.
Wêreldwyd sal die konvensie van 16 Augustus af van krag wees.
Die eerste konferensie van die belanghebbende partye vind plaas van 24 tot 29 September in Genève, Switserland.
Kwik kan brein- en lewerskade veroorsaak en die gevaarlikste kwikverbinding, dimetielkwik, is só giftig dat selfs 'n paar mikroliter op die vel of op 'n rubberhandskoen dodelik is.
Ander belangrike besluite van die kabinet sluit in om die Namibiese produktiwiteitsentrum vir die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping in werking te stel.
Dié ministerie het ook opdrag gekry om voorbereidings te tref vir Namibië se bemagtiging van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se beleid oor arbeid en dat die regering teen 2018 betrokke moet wees by die bestuur van dié beleid.
Betreffende grondhervorming het die kabinet die 2015-'16-jaarverslag van die betrokke ministerie aanvaar.
Die minister van grondhervorming mag die verslag nou aan die parlement voorlê.
Veranderinge aan die wet oor deeltitels is ook goedgekeur om aan die parlement voorgelê te word.
Die kabinet het ook besluit die minister van finansies moet met die hulp van die Wêreldbank openbare uitgawes vir sosiale beskerming hersien.
Daar is ook kennis geneem dat Namibië ’n lid van die verkiesingspaneel sal bly tot 2020, en daarna tot adjunkvoorsitter tot 2022 bevorder sal word, waarna die land tot 2024 voorsitter sal wees.
Laastens is besluit dat die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) sy jaarverslag vir 2015-'16 aan die parlement mag voorlê en dat staatsbeamptes op 6 en 7 Julie aan die jaarlikse nasionale viering van Afrika-staatsdiensdag by Nkurenkuru in die Kavangostreek mag deelneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie