Kabeljoue loop
'n Bekommerde hengelaar het 'n brief aan ander hengelaars geskryf om hul bielievisse terug in die see te sit.
Francoise Steynberg - Met die vroeë kabeljouloop sedert Kersfees noord van Hentiesbaai word hengelaars versoek om groot visse weer terug in die see te sit.
Een hengelaar wat 'n mooi voorbeeld stel, is die Namibiese vrouehengelaar, me. Angelique Connoway, wat die naweek by Myl 72 'n kabeljou van 19 kg uitgetrek en weer in die see vrygelaat het.
Volgens die wet mag iemand slegs in besit wees van twee kabeljoue wat nie groter as 70 cm is nie.
Visinspekteurs het hul hande vol en het al baie boetes aan oortreders uitgereik, berig Erwin Leuschner.
Mnr. Anton Hartman het op Facebook 'n hartroerende brief van een hengelaar aan 'n ander geskryf.
"Ek was vir die afgelope 40 jaar bevoorreg om gereeld op Henties te kom kuier en my passie vir hengel en die natuur uit te leef.
"Ek rig hierdie skrywe aan almal wat soos ek 'n spesiale plek in hul harte vir Hentiesbaai het. Die tyd het aangebreek dat ons begin dink aan die toekoms en dat ons begin terugploeg in hierdie spesiale plek," skryf Hartman.
"Ek het so ’n paar dae terug lekker gestaan en hengel toe 'n paar bakkies langs my kom stop. Die manne het luidkeels uitgeklim en gesien hoe ek die vis een na die ander vang en terugsit. Hulle was baie vinnig besig om orals te gooi, oor my lyne, oor mekaar se lyne, soos gretige kinders wat nie respek het vir hulself of die mense om hulle nie, wat nog van die natuur.
"Hulle het alle vis gehou, baie van hulle ver onder grootte en ook 'n hele klomp van 8 kg. Die koue manier waarmee hulle die vis in die bakkies gegooi het en die manier hoe hulle geskreeu en aangegaan het as hulle 'n vis gevang het, het my opnuut laat besef dat ons dringend iets gaan moet doen om die vis te begin beskerm en respekteer."
Hartman skryf hy beoefen vir die afgelope 10 jaar eksklusief vang en vrylaat en hy verwyder selfs sy weerhakies op sy hoeke om die vis so veilig as moontlik terug te besorg in die water ná hy vis gevang het.
"Vir my beteken 'n goeie foto en 'n ervaring baie meer as net nog iets wat ek kan eet, wat in my vrieskas lê en waarsonder ek beslis kon klaarkom. Ek het geen probleem daarmee as iemand vir hom 'n paar vissies hou om te eet nie, maar die absolute vermorsing van vis moet aangespreek moet word.
"Ek dink die tyd het aangebreek dat mens moet besef dat jy nie meer cool is as jy alles hou wat jy vang nie. Dit is nie meer cool as jy vir almal in jou familie permitte koop net sodat jy meer vis in jou vrieskas kan hê om vir jou vriende te wys nie."
Hartman sê mens moet jouself die vraag vra of jy hengel om jou ego te streel, en of jy hengel omdat dit vir jou lekker is.
"Welgestelde mense met miljoene rande se voertuie wat al die opsies in die lewe het, besluit om hulle te vergryp aan elke liewe vis wat hulle aan die lyn kan kry," skryf hy.
"Dit maak my naar om te dink dat ons as mens die spesie is wat in beheer is van die natuur en dat ons besluite neem namens die natuur en die vis. Omdat dit ons as hengelaar laat goed voel as ons kan spog met 'n klomp vis, verloor ons alle respek en integriteit. Dit het tyd geword dat ons die natuur en die vis begin respekteer sodat ons kinders en hul kinders ook so ’n wonderlike plek kan hê om heen te kom.”
Henties het ontstaan as gevolg van die uitstekende hengel wat die area bied, skryf Hartman, en dit is elke hengelaar se verantwoordelikheid om “terug te sit”.
"As ons dit net uitput en nie aan die toekoms dink nie, gaan ons die wonderlike plek maar net weer vernietig wat ons almal help bou het. As ons net aangaan soos ons nou aangaan, is ons niks beter as 'n swerm sprinkane wat alles opvreet en dan maar net weer aanbeweeg na die volgende veld toe en alles vernietig nie," skryf Hartman.
Hy sê dit is bemoedigend dat daar al heelwat hengelaars is wat vis terugsit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie