Kabeljou loop alles plat
Hengel
Des Erasmus - ’n Kabeljou van knap duskant 18 kg was die wenvis op die groot hengelkompetisie wat die Hervormde Kerk se kusgemeentes Saterdag met Hentiesbaai as basis aangebied het.
Die vis van 17,994 kg is deur André Agenbag van Walvisbaai vir die prysgeld van N$5 000 ingeweeg.
Die kompetisie met met 1 260 deelnemers is weer deur ’n absolute oorheersing deur kabeljoue gekenmerk. Canopy, ’n gewilde oord noord van Hentiesbaai, was weer die plek waar die groot kabeljoue gewei het. Steenbrasse, galjoen en kolsterte was bitter skaars.
Die kompetisie is in heerlike seeweer aangebied met die hengelaars en hul geselskappe wat die ganse voormiddag eerder by die viswaters as in die basistent was. Saterdagmiddag was hulle wel daar toe die een groot kabeljou ná die ander na die skaal gebring is.
Saterdag teen 14:00 was deel van die merkwaardige vangs dié van die broers André en Marius van Aswegen. André se groot kabeljou het die skaal op 11,28 kg getrek en Marius s’n op 9,71 kg. In albei die gevalle was die vangplek in die omgewing van die Canopy waar die broers skouer aan skouer gestaan het.
André Agenbag wou nie veel oor die aas vir die wenvis by die Canopy rep nie, maar die beste kabeljouvangste is hoofsaaklik met pelsers behaal.
Die hengelaars het ruim uit hul vangste vir die kerk geskenk. Dit het benewens kaartjieverkope ’n handige meevaller van N$12 800 vir die Hervormers meegebring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie