Kaapse brande saai verwoesting
Kaapse brande saai verwoesting

Kaapse brande saai verwoesting

Verskeie geboue van die Universiteit van Kaapstad (UK) asook ander geskiedkundige geboue in die omgewing is gister in ’n brand in Kaapstad verwoes.

Die brand het ’n deel van die Rhodes-restaurant en -teetuin by die Rhodes-gedenkteken verwoes, asook die geskiedkundige Mostert se Meul by Rhodes-rylaan langs die M3. Twee grasdakgeboue het ook in die slag gebly.

Volgens Sanparke is meer as 400 ha grond tot dusver in die brand beskadig wat steeds op Tafelberg woed.

Terwyl honderde brandbestryders werk om die vlamme onder beheer te bring word mense gevra om van die Tafelberg Nasionale Park af weg te bly.

“Sanparke se veldwagters het vanoggend hul hande vol gehad by hul ingange om te keer dat gebruikers hul gewone daaglikse aktiwiteite in die Tafelberg Nasionale Park voortsit,” lui ’n verklaring van Rey Thakhuli, Sanparke se woordvoerder.

Hy sê dat die personeel van die park hard daaraan werk om die vuur te blus en dat die meeste hulpbronne aan die brand gewy is.

“As gebruikers nou probeer om soos gewoonlik te hardloop, fiets te ry of met hul honde te stap, sal ons nie in staat wees om ten volle op die brand te konsentreer nie.”

Thakhuli versoek mense om weg te bly van die Nuweland-woud, Groote Schuur-landgoed, die Rhodes-gedenkteken, Duiwelspiek, Tafelbergweg, Vredehoek en Deer Park.

“Dit sluit alle ontspanningsgebiede onder en bo Tafelbergweg in, wat tot verdere kennisgewing gesluit sal bly.”

Hy sê dit is egter veilig om steeds gebiede in die suidelike en sentrale dele van die park te besoek, wat Silwermyn, Tokai, Boulders en Kaappunt insluit.

“Diegene wat toegang tot Leeukop en Vlaeberg wil hê, moet die gebiede met omsigtigheid nader aangesien noodpersoneel in die omgewing besig is.”

Intussen sê die drukgroep Friends of Table Mountain daar moet meer gedoen word om die “geen oop vure”-reël in die Tafelberg Nasionale Park af te dwing.

Volgens die drukgroep was die oop vuur wat Sondag die brand veroorsaak het, maar een van vele wat daardie dag sonder toesig deur hawelose mense gelos is.

Andy Davies, voorsitter van die drukgroep, het Maandagoggend gesê hy en al sy lede is hartseer om die berg te sien brand, glo as gevolg van nalatigheid.

“In onlangse mediaberigte word genoem dat tot 60% van die brande op Tafelberg ontstaan nadat mense oop vure maak en dit net so los.“

Volgens hom is daar Sondag minstens drie vure sonder toesig in Deer Park gelos wat aangemeld is aan die owerhede.

Davies sê hulle verwelkom die inhegtenisname van ’n man vir brandstigting en sê hulle hoop daar word ’n sterk voorbeeld van die persoon gemaak.

Intussen is verskeie paaie en die kabelspoor ook gesluit, asook die hoofkantoor van Media24 in Heerengracht.

- Netwerk24

Foto: Die historiese Mostert se Meul in Mowbray is ook vernietig. Die meul is in 1796 gebou en was die oudste en enigste volledig oorblywende windmeul in sy soort in Suid-Afrika. Foto Jaco Marais/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024