Kaalvoet Aussies gaan opstaan teen rassisme
Krieket
Australië se krieketspan gaan kaalvoet in ’n kringetjie staan aan die begin van die internasionale seisoen as deel van ’n wêreldwye veldtog teen rassisme en ook om erkenning aan die land se inheemse mense te gee.
Só het die snelbouler Pat Cummins Maandag gesê, met die span wat dié gebaar die eerste keer sal maak voor sy eerste eendagwedstryd teen Indië in Sydney op 27 November.
“In Australië skat ons die mees gemarginaliseerde groep is die eerstenasie-mense en die inheemse groepe,” het Cummins, onderkaptein van Australië se toetsspan en eendagspan, gesê.
“Ons dink dat ’n kaalvoet-kringetjie die beste manier sal wees om hulle te vier.
“Sommige sal dalk wil kniel, ander wil dit dalk op ’n ander manier wys en ons is absoluut ten gunste daarvan. Ons het egter as ’n span saamgekom en ons dink dit is die beste manier wat ons ons standpunt teen rassisme kan uitbeeld en terselfdertyd ook ons inheemse kultuur hier vier.”
Die Australiese mans sal in die spore volg van die nasionale vrouespan, wat ’n kaalvoet-kringetjie in Sydney met Nieu-Seeland se spelers gevorm het voor hul eendagreeks in September.
Vyf inheemse spelers en agt spankapteins in die Big Bash-liga vir vroue het verlede maand die gebaar gemaak om “aan die tradisionele eienaars van die grond erkenning te gee,” het Krieket Australië in ’n verklaring gesê.
Australiese krieket worstel met die kwessie oor hoe hy die wêreldwye beweging teen rassisme kan ondersteun nadat die land se eendagspan in die openbaar deur Michael Holding, ’n voormalige bouler van die Wes-Indiese Eilande, gekritiseer is omdat sy spelers nie uit solidariteit met die Black Lives Movement-gekniel het tydens hul reeks in Engeland in September nie.
Volgens Cummins sal Australië se spelers vorentoe “meer moeite doen” om die land se geskiedenis te leer.
“Jy kan waarskynlik jou hand opsteek en sê dat ons nie in die verlede genoeg gedoen het nie en ons wil beter word, so dít is een klein ding wat ons in die somer sal instel,” het hy gesê.
– Reuters, Netwerk24
FOTO
Pat Cummins, snelbouler en onderkaptein van Australië se eendag- en toetsspan. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie