Jy kan nou alle kunsskatte in Louvre self bekyk

07 April 2021 | Kuns en vermaak
’n Besoek aan die Louvre-museum in Parys, Frankryk, is vir baie nie beskore nie. Die Covid-19-pandemie het veroorsaak dat baie museums gesluit is, maar platsak reisigers kan nie altyd toegangsgelde betaal of wat nog te sê reis nie.

Die goeie nuus is dat dié museum, baie gesog onder kunsliefhebbers, hul hele kunsversameling aanlyn beskikbaar gestel het. En dit is verniet, ja, gratis!

Dit gaan ’n tydjie neem om jou te verlustig in die nagenoeg 500 000 kunswerke en beelde, wat die gewilde trekpleisters die Mona Lisa van Leonardo da Vinci en die antieke beeld die Venus de Milo, insluit.

Op die webtuiste collections.louvre.fr, word ál die werke in die museum vir die eerste keer saamgetrek. Die platform is ’n visuele fees en kykers kan klik op bykomende inligting om die werke toe te lig.

Op die webtuiste vir versamelings in die Louvre, collections.louvre.fr, kan vakkundiges sowel as amateurs gaan kuier. Hier is werke van die Louvre, die Delacroix-museum, asook die beelde in die Tuileries-tuin en die Carrousel vir kykplesier beskikbaar.

Ingesluit is ook menige werke wat in Duitsland opgespoor is ná die Tweede Wêreldoorlog, wat in die Louvre se bewaring is totdat die regmatige eienaars opgespoor word.

Luidens ’n verklaring op die webtuiste van die museum is dit nou vir die eerste keer moontlik om werke in die Louvre se versamelings te besigtig, al is dit uitgeleen aan ander instellings of in die bergingsruimte. Die kyker het verskeie moontlikhede en invalshoeke tot elke versameling, daar is ruimte gelaat vir vinnige sowel as gedetailleerde soektogte, en daar is ook toegang tot die onderskeie departemente en tematiese albums waardeur geblaai kan word met net die klik van ’n rekenaarmuis.

’n Interaktiewe kaart help die kyker om te beplan vir sy besoek en ook om die museum kamer vir kamer te verken. Luidens die verklaring gaan die inligting op die webtuistes die heeltyd aangepas en verryk word deur die museum se personeel om ook die jongste navorsing oor die kunswerke beskikbaar te maak.

Op die derde webtuiste, die louvre.fr, kan besoekers kuier onder drie verskillende hofies: “besoek”, “ontdek” en “op die oomblik”. Die webtuistes maak voorsiening vir Frans, Engels, Spaans en Chinees.

Benewens foto’s is video’s ook beskikbaar wat op slimfone en rekenaars besigtig kan word.

“Die skoonheid van ons erfenis is net ’n klik weg. Ek glo dat die digitale ontwikkeling groter gehore na die Louvre toe sal bring om die werke eerstehands te beleef,” sê Jean-Luc Martinez, president en direkteur van die Louvre-museum. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Heckmair-verhoor verder vertraag

37 minute gelede | Misdaad

Stefan Noechel van die Allgemeine Zeitung berig:Die verhoor van die Amerikaanse beskuldigdes, mnre. Marcus Thomas en Kevin Townsend, wat na bewering in 2011 vir mnr....

Skoolseun in selle oor video van geweld

56 minute gelede | Misdaad

‘n Sewentienjarige seun wat op ‘n video ‘n dogtertjie van vyf aanrand, is in hegtenis geneem.Die video is wyd in die sosiale media versprei en...

Jong dokter verskyn vir verkragting

4 ure gelede | Misdaad

Die leerlingdokter wat vir die beweerde verkragting van ‘n pasiënt by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek in hegtenis geneem is, het vanoggend sy eerste verskyning in...

Leerlingdokter verkrag glo pasiënt

15 ure gelede | Misdaad

Tuyeimo Haidula – ’n Manlike leerlingdokter by die Katutura-hospitaal is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Sondag ’n pasiënt met kopbeserings verkrag het.Volgens ons...

Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof

15 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner en Ronelle Rademeyer – Drie gemaskerde, ­ge­wa­pen­de mans het gisteroggend by 'n huis in Vineta op Swa­kop­mund in­gebreek en twee vroue aangeval en...

O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...

15 ure gelede | Mense

‘Ons korrespondent in die Suide, Elizabeth Joseph, het dié gesin van Snyfontein padlangs raakgeloop met hul hoofvervoermiddel – ’n donkie en ’n karretjie.

Covid-19 teister skole in Hardap

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Skole in die Hardapstreek word deur Covid-19 geteister, met drie skole net op Schlip wat aanvanklik hul klasse moes opskort. Die pandemie...

Weer vir Woensdag 14 April

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige en bloedig warm toestand duur oor die kus voort, terwyl sandstorms in die Namib voorkom.BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Namibwoestyn met...

Bure help hul buurte skoonhou

15 ure gelede | Infrastruktuur

Augetto Graig – Die gemeenskap van Samora Machel-kiesafdeling is voorlopers in die toepassing van die gemeenskapsgeleide totale sanitasie-inisiatief (CLTS), waardeur hul omgewing vanaf 'n ashoop...