Juwele slyp vir Kaapstad
Juwele slyp vir Kaapstad

Juwele slyp vir Kaapstad

Die gekose spelers is self nuuskierig om te weet waartoe hulle met hul internasionale terugkeer in staat is, sê afrigter Julene Meyer.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Netbal Namibië het ná suksesvolle proewe met 30 spelers die afgelope naweek sy senior nasionale span bekend gemaak wat van 24 tot 31 Maart in Suid-Afrika gaan deelneem.

Suid-Afrika se senior Proteas, ’n SA Presidentspan, die Baba Proteas (o.21), Uganda met sy senior en o.21-vroue asook Namibië sal in die 2021 Spar Uitdaagtoernooi in Kaapstad betrokke wees.

Aangesien Namibië se Desert Jewels laas op 26 Oktober 2019 in Singapoer by die finaal van die M1-Sesnasiesbeker in aksie was, sal dié internasionale deelname ’n strawwe toets vir hulle wees.

In Singapoer was Namibië in die finaal teen die gasheerspan ná die eerste kwart voor (11-10), maar rustyd agter met 20-25. Ná die derde kwart was die telling 33-elk. Die seëvierende Woestynjuwele het egter in die laaste kwart met mening verdedig en met 16 doele getref om Singapoer met 49-42 te oorrompel en die gesogte trofee te beklink.

Namibië en die gasheerspan het ook in die openingswedstryd gebots en met 54-elk gelyk geëindig.

Die Juwele is gelukkig om nou ’n stewige kerngroep van sewe spelers te hê wat laas in Singapoer die landsvlag hoog laat wapper het. ’n Nuwe toevoeging is die gewese Windhoek Gimnasium-speler Juzelri Garbers, wat aan Tuks in Pretoria studeer en vir die Gauteng Golden Fireballs op provinsiale vlak woeker.

Die sewe gerekende spelers met internasionale ondervinding is: Jaumbuaije (Bytjie) Zauana, Anna Kaspar, Cathline Tjihero, Loide Hanyanya, Anna Shipanga, Emmy Katuko en Venyekerera Maharero.

Suid-Afrika word tans deur die Internasionale Netbalfederasie (INF) as die vyfde beste ter wêreld gereken, terwyl Uganda sewende is met Namibië in die 23ste posisie ná Malawi (sesde), Zimbabwe (12de) en Zambië (15de).

Australië (1), Nieu-Seeland (2), Engeland (3) en Jamaika (4) is saam met die RSA die topvyf op die INF wêreldranglys wat einde 2020 vrygestel is.

Die span van 12 lede is: Eve Kamutushi, Cathline Tjihero, Anna Kaspar, Anna Shipanga, Loide Hanyanya, Selma Bittler, Monica Gomases, Emmy Kutako, Jaumbuaije (Bytjie) Zauana, Juzelri Garbers, Mulenamaswe Mwale, Venyekerera Maharero.

Nie-reisende reserwes: Rachelle Roets, Jessica Moolman en Corry Mupenda.

HARD GEBREI

Hoofafrigter Julene Meyer is gelukkig met haar spelersgroep en die vordering sover.

“Met die verloop van die proewe is ek baie tevrede. Dis ’n baie gebalanseerde groep wat gekies is om elke posisie te dek. Die spelers is fiks en goed gekondisioneer, met ’n goeie mengsel van ervaring en jeug.

“Ons het twee baie harde weke agter die rug waar baie druk op die spelers se bene geplaas was. Ek vermoed weens die aantal wedstryde wat in die Kaap voorlê, sal ons soms twee keer per dag moet speel. Dus moes ons seker maak die spelers is gewoond daaraan om vir twee kragmetings te speel.

“Die tweede fase is om die spelers gewoond te maak om tussen wedstryde te herstel en moet dus dieselfde omstandighede geskep word. Hul liggame moet gewoond raak om in dieselfde tydperk genoegsaam te herstel om die beste moontlike vertoning te lewer.

“Ons fokus nou daarop om spelpatrone en strategie te vestig sodat spelers se ritme nie versteur word nie. Die regte asook verskeie kombinasies moet vasgestel word om na plan B, C of D oor te gaan as plan A nie werk nie.

“Die spelpatrone van Suid-Afrika en Uganda sal sorgvuldig bestudeer word. Ons spelers het 18 maande laas gespeel en ek dink hulle is self baie nuuskierig om vas te stel hoe hulle intussen ontwikkel en gegroei het.

“Ons sien almal baie uit om deel te neem. Daar lê nog baie harde werk voor, maar ek is regtig tevrede wat ons tot dusver met die voorbereidings bereik het,” het Meyer aan die koerant gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%