Juniors toets vernuf teen RSA
Hengel
Die internasionale kompetisies vir plaaslike varswaterhengelaars begin die naweek met die Junior en Federasiespanne wat eerste hul Suid-Afrikaanse eweknieë die stryd gaan aansê vanaf komende Sondag tot 1 September.
Volgende maand sal die vroue-, mans- en veteraanspanne se kompetisie vanaf 17 tot 22 September volg.
Die kompetisies word by Hardapdam aangebied en die wenners sal tydens die verskillende prysuitdelings aangekondig word.
Die drie plaaslike spanne bestaan uit die volgende hengelaars:
Namibiese junior span: Marsen von Lieres, Rikus van Staden, Louw Steenkamp, Eugene Grobler, Dirk de Bod. Die spanbestuurder is Panna van Staden en kaptein is Nadia Steenkamp.
Namibiese Junior Federasiespan: Adriaan Steenkamp, Sven von Lieres, Lean Grobler, Jaques Maree, Hermanus Scholtz. Die spanbestuurder is Hilmar von Lieres.
Namibiese Senior Federasiespan: Brian Bravenboer, Ashley Alves, Wiehan Kohler, Gerhard Louw, Hein Kotze, Frank Oberholster, Rian Schickerling. Die spanbestuurder is Carol Stinton en die kaptein is Herman Truter.
Die hengelaars het vyf dae van harde kompetisie wat voorlê, maar die goeie damvlakke sowel as die warmer weer behoort tot goeie vangste by te dra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie