Juniors stroom na tennisbane
'n Rekordgetal van 100 spelers het ingeskryf vir die Namibiese Tennisvereniging (NTA) se junior toernooi in Windhoek – die vyfde in die 2020-reeks wat deur Sanlam geborg word. Die toernooi was aanvanklik vir Swakopmund bestem, maar is vanweë die kusdorp se huidige inperking verskuif. 'n Nuwe byvoeging is die o.8-minitennisgroep waarin twaalf spelers ingeskryf het. Wedstryde môreoggend word vanaf agtuur by die bane van Sentraal, SKW, Nampol en DTS gespeel. Op die foto is Israel Dowie in aksie tydens verlede maand se toernooi nommer 4, waar hy die seuns onder 12-eindstryd gewen het.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie