Juniors skiet in die suide
Boogskiet
Keetmanshoop Privaatskool tree komende Saterdag as die gasheer op vir die heel eerste kompetisie in die verre suide wat deur die NASP (Nasionale Program vir Boogskiet in Skole) aangebied word.
Sowat tagtig boogskutters van elf skole en organisasies sal sake uitspook om die mees akkurate skote vir die dag af te trek en met die eerste medaljes van die 2018-boogskietjaar weg te stap.
Heelwat opwinding lê voor vir die res van die seisoen, met 'n groep van 32 boogskutters wat in Suid-Afrika gaan meeding voordat die top-16 later vanjaar in Kanada gaan toer.
Saterdag se byeenkoms by Keetmanshoop se Westdene-sportveld word in twee hoofkategorieë verdeel, naamlik juniors (graad 4 tot 7) en seniors (graad 8 tot 12).
Registrasie word vanaf 07:00 gedoen, voordat die kompetisie amptelik om agtuur begin. Die spankompetisie se items sal ná die middagete 'n aanvang neem. Elke skool of klub mag twee senior, twee junior en twee gemengde spanne inskryf.
Die prysuitdeling word omstreeks 16:00 verwag.
Deelnemers word aangemoedig om vooraf te verseker dat hul toerusting in werkende toestand is, omdat daar nie tyd is om gedurende die kompetisie herstelwerk of instandhouding te doen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie