Juniors reg vir raketgeveg
Tennis
Tielman van Lill – Die Namibiese Tennisvereniging bied vandag en môre ’n junior toernooi by verskeie venues in die hoofstad aan.
Dit sal weens Covid-19-inperkingsmaatreëls maar die sesde junior kompetisie van die seisoen wees waar kinders van onder 10 tot o.18 hul vernuf op die baan kan toon.
Aksie begin vandag om 14:00 met talle botsings in die onderskeie ouderdomsgroepe by die bane van SKW, Nampol en die Sentraal Tennisklub. Die semifinale en finale beginmôreoggend by die Sentraal-klub in Olympia. Meer as 100 inskrywings word vir die elite kompetisie verwag.
By die o.10-meisies kan Linda Alemu, Elrica Nakusera en Emma Brinkmann gerus dopgehou word, terwyl Luan Brand, Samuel Lagvardi en Divan Engelbrecht by die seuns opnuut die baan aan die brand kan speel.
In die o.12-afdeling is Lila Kidd, Ayanda Basson en Santie van der Walt vir die waarskynlike podium-posisies bestem. By die seuns kan Ruben Yssel, Eduan Schollij en Lian Kuhn vir interessante tennis sorg.
Hayley Kidd, Karla Terblanche en Joanivia Bezuidenhout sal by die o.14-meisies in hul pasoppens vir Riamarie Visagie moet wees. Adam Diggle, Oliver Leicher en Ruben Nel het die vorige toernooi vir o.14-seuns oorheers, maar Joel Hiveluah kan ’n verrassing lewer. Leicher sal dié naweek egter nie teen sy gebruiklike maters kragte meet nie, maar wel in ’n hoër ouderdomsgroep.
By die o.16-meisies het Raica Coelho, Sytisha Goagoses en Larushka Kruger die podium oorheers, maar hulle kan strawwe teenstand van Dominique Theron en ander ywerige spelers te wagte wees.
Die o.18-afdeling word oorheers deur spelers wat heelwat jonger is. By die meisies is Lisa Yssel ’n moontlike kampioen. Sy het by ’n vorige geleentheid vir Megan Lombard en Nicola Nitschke gewys waar Dawid die wortels gegrawe het. Maar nie een van die drie kan gerus wees nie. Taimi Nashiku het Yssel reeds vanjaar geklop en is ’n hoog gerekende speler. Ook Eila Kambonde kan haar stempel die naweek afdruk.
Daniel Jauss, George Louw, Dian Calitz en Ruben Nel sal opnuut hul mededinging in vorige botsings herhaal. Oliver Leicher is ’n nuwe uitdaging wat na die o.18-seuns opgeskuif het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie