Juniors en beginners vind hul voete
Gholf
Die Namibiese Junior Gholfstigting bied komende Saterdag en Sondag die eerste van sy reeks junior toernooie vir die jaar aan.
Spel vind op beide oggende by die baan van die Windhoek Buiteklub plaas.
Voorsiening word vir junior spelers in verskillende stadiums van ontwikkeling gemaak. Spelers met beter voorgeë ding in 'n kompetisie op die medalje- en stableford formaat mee, terwyl spelers met 'n hoër voorgee asook dié sonder 'n voorgee in 'n stableford kompetisie speel.
Vir jong beginners is daar 'n kompetisie oor vyf putjies en hulle kry Sondag ook afrigting onder toesig van Adri Pienaar, vrouespeler en president van die Namibiese Amateur Vrouegholfunie.
Inskrywingsvorms en die voorwaardes vir toelating verskyn op die kennisgewings van alle gholfklubs. Vir meer inligting kan Adri Pienaar ook by sel. 081 144 2182 of e-pos [email protected] bereik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie