Juniors begin by Omeya

Gholf
Namibië Junior Gholf se eerste toernooi vir die jaar word komende Saterdag en Sondag by Omeya se baan aangebied.

Voorsiening word gemaak vir spelers in die A-afdeling (voorgee-indeks 0 tot 16.2), B-afdeling (voorgee-indeks 16.3 tot 26.3), C-afdeling (voorgee-indeks 26.4 tot 36), D-afdeling (geen voorgee, 11 tot 18 jaar, speel net Saterdag) en E-afdeling (beginners, vyf tot 10 jaar, speel net Saterdag).

Net spelers van hoogstens 18 jaar ten tyde van die toernooi word toegelaat. Spelers in die A-, B- en C-afdelings speel 18 putjies op elk van die twee dae. Die formaat vir die A-afdeling is medalje, terwyl die B- en C-afdelings as stableford beslis word.

Die sperdatum vir inskrywings is vandag. Kontak Adri Pienaar by 081 144 2182 vir registrasie, of om die toernooireëls te verkry.

Kommentaar

Republikein 2025-06-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer