Juniors baljaar in Sanlam-toernooi

Tennis
Tielman van Lill
Die Namibiese Tennisvereniging (NTA) het sy eerste toernooi in Sanlam se nasionale junior reeks aangebied vandat die derde Covid-golf 'n moratorium op sportbyeenkomste genoodsaak het.

Sake is van Vrydag tot Sondag by die vier klubs in Olympia – DTS, Nampol, SKW en Sentraal – tussen 83 spelers in die ouderdomsgroepe vanaf onder 10 tot o.25 uitgespook.

Spelers van so ver as Grootfontein en van die kus het na Windhoek gereis om vir 'n slag die geel bal oor die net te jaag.

ONDER 10

By die seuns het De Witt Bergh die enkelspel gewen, met Tadiwa Mombeyarara as die naaswenner. Linda Alemu was die algehele meisieswenner nadat sy al drie haar opponente in die rondomtalieronde geklop het. Sy klop Elrica Nakusera in die finaal met 8-0, terwyl Liha Tromp (derde) vir Janah King met 8-3 oorskadu.

ONDER 12

In dié ouderdomsgroep vir seuns is 20 enkelspelwedstryde afgehandel voor die topvier na die volgende ronde gevorder het. In die eerste semifinaal het Samuel Nel (11 jaar) vir Brian Edwards met 7-5, 6-2 geklop en Johan Theron (9 jaar) skakel Luan Brand met 6-2, 6-2 uit om die finaal te haal.

Theron het in die finaal teen Nel 'n vroeë voorsprong in elke stel gehad, maar die eerste gekeurde Nel het die belangrike punte beklink vir 'n sege met 7-6, 7-6.

ONDER 14

Sestien meisies, meer as enige ander kategorie, het hier ingeskryf en vir 'n strawwe uitklopkompetisie gesorg. Die twee maande wat die spelers sonder kompetisie moes klaarkom, het duidelik 'n invloed gehad toe 'n paar gekeurde spelers in die vroeër rondes die knie moes buig.

Met die eerste semifinaal klop die vierde gekeurde Mari van Schalkwyk die topgekeurde Joanivia Bezuidenhout in 'n spannende tweestryd – eers ná 'n supervalbylpot as derde stel (5-7, 6-3, 10-5).

In die tweede semifinaal het Santie van der Walt met 6-2, 6-1 verby Zoe Bronkhorst gevorder. Tydens die finaal was Van Schalkwyk onstuitbaar (6-0, 6-2) teen Van der Walt.

• By die seuns het die gekeurde spelers opnuut sake gedikteer. Abraham Alemu (derde gekeur) het die knie teen Lian Kuhn (eerste) met 6-4, 6-4 in die eerste semifinaal gebuig. Die tweede semifinaal is tussen Eduan Schollij (tweede) en Corné Koen (vierde) beslis waar Schollij in 7-6, 6-7 geseëvier het.

Die eindstryd is deur Schollij ingepalm (7-6, 6-7, 10-4) met Kuhn wat tot die end nie besgegee het nie.

ONDER 16

Stefan Koen (vierde gekeur) verras deur die eerste gekeurde Oliver Leicher met 3-6, 6-2, 11-9 in die semifinaal te oorskadu. In die finaal het die 12-jarige Ruben Yssel sy staal gewys deur Koen met 7-6, 6-2 te wys waar Dawid die wortels gegrawe het. Dominique Theron domineer op haar beurt by die meisies deur Kyla Gille in die finaal met 6-3, 6-4 te oorskadu.

ONDER 25

Die gebruiklike o.18-ouderdomsgroep is wyer uitgebrei om die kompetisie sterker te maak en meer variasie te bring – 'n neiging wat ook in buurlande gevolg word.

Slegs twee inskrywings is by die vroue ontvang, met Elzé Stears wat teen Larushka Kruger in skoon stelle (6-0, 6-0) die oorhand kry.

By die jongmanne was daar tien kompeterende inskrywings. Daniel Jauss het groep 1 gewen, hoewel hy met tye goeie opdraand van beide Nguvi Hinda (7-6, 3-6, 10-5) en Dian Calitz (6-7, 6-3, 10-7) gekry het.

In groep 2 het George Louw die teenstand van Datago Gawanab oorkom (6-3, 7-5). Jauss skakel Gawanab in 'n taai semifinaal met 3-6, 6-1, 13-1 uit, terwyl Louw tot die einde moes veg om Hinda met 6-2, 2-6, 10-8 tot oorgawe te dwing.

In Sondagoggend se finaal het Jauss opnuut met 6-3, 6-4 teen Louw die botoon gevoer.

Die NTA bedank Sanlam vir hul ruimhartige borgskap: “Dit is borg­skappe soos dié wat verseker dat junior tennistoernooie in die land kan voortleef.

“Sonder gereelde kompetisies is dit nie vir ons moontlik om plaaslike tennistalent te ontwikkel wat later meer kompeterend kan wees nie. Ons is Sanlam innig dankbaar vir hul voortgesette ondersteuning oor die jare.”

Die volgende junior toernooi sal op 10 September in Swakopmund aangebied word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%