Junior sjefs kan nou inskryf vir ACC
Junior sjefs kan nou inskryf vir ACC

Junior sjefs kan nou inskryf vir ACC

Elvira Hattingh
Namibië sal op 2 Oktober 2015 die gasheerland vir die derde Afrika Kookkunstoernooi (African Culinary Cup of ACC) wees wat by die Politegnikum van Namibië se hotelskool aangebied word.
Jong sjefs tussen die ouderdom van 18 en 25 jaar het tot 6 Augustus geleentheid om in te skryf en moontlik deel van die Namibiese span te word.
Die ACC is in 2012 deur die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (Saca) begin en die kompetisie vir Afrika en die Midde-Ooste word deur die Wêreldvereniging van Sjefsverenigings (Wacs) onderskryf. Die kompetisie is ? geleentheid vir jong sjefs om amptelik by die Namibiese Sjefsvereniging (NCA) se nasionale juniorspan aan te sluit.
Belangstellendes wat deel van die Namibiese span wil wees, moet ? resep indien vir ? voor-, hoof- en nagereg, tesame met ? foto van die geregte wat hulle voorberei het. Beoordelaars van die NCA sal dan op vyf finaliste vir elk van die drie geregte besluit.
Hierdie finaliste sal op 13 Augustus by die Politegnikum vir ? plek in die span meeding en elk ? houer vol produkte ontvang waaruit hulle ? maaltyd moet voorberei. Daarna sal twee sjefs vir die voor- en hoofgereg en een sjef vir die nagereg gekies word om deel van die Namibiese span te vorm.
Die drie wat vir die span gekies word, sal gedurende Augustus en September beskikbaar vir oefensessies moet wees. Vir meer inligting, kontak Barbara Huber-Schenck by die NCA ([email protected] of 061 253 542).

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...