Julle het gevra – Windhoek Woordfees het geluister
As gevolg van die oorweldigende reaksie op Jannie du Toit se Doep is nie dood nie, voeg Windhoek Woordfees ‘n bykomende vertoning by die Windhoek Woordfees-program.
Kom luister Donderdag 2 Augustus om 17:30 by De Kayak in Olympia hoe Jannie hulde aan sy goeie vriend Koos du Plessis bring met 21 uiteenlopende, bekende én minder bekende werke.
Kaartjies kos N$160 indien dit vooraf gekoop word, of N$180 by die deur. Pensioenarisse, kinders en studente betaal N$90.
Koop dit aanlyn by www.windhoekwoordfees.com of skakel 081 279 0454.
‘n Kontantkroeg is beskikbaar en CD’s en verversings sal te koop wees.
Wian die kulkunstenaar se vertoning Boereverneukery is weens onvoorsiene omstandighede gekanselleer.
Lede van die publiek wat reeds kaartjies hiervoor gekoop het, kan die Woordfees-komitee kontak.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie