Julinho speel-speel terug in NPL
Sokker
Die Julinho Sporting sokkerklub van Rundu het Sondag amptelik sy terugkeer tot die MTC Namibiese Premierliga (NPL) gemaak nadat hy Ntunguru met 'n saamgestelde telling van 2-1 in die noordoostelike eersteliga geklop het.
Die Leeus moes Ntunguru in twee uitspeelwedstryde pak om te bepaal wie in die 2018-19-seisoen deel van die uitgelese groep van 16 klubs gaan wees wat in die NPL hul man moet staan.
Saterdag in die eerste botsing het Julinho die stryd met 2-0 beklink nadat Mukuve Bonifatius (15de minuut) en kaptein Ntjamba Haindaka (84ste minuut) die opponent se doelnet getref het.
Sondag by die John Mutorwa-stadion in Shinyungwe het Ntunguru die bordjies verhang om die kragmeting met 1-0 te beklink. Nadat beide spanne een botsing gewen het, was Ntunguru se enkele doel nie genoeg om met die Leeus se twee doele saam te praat nie.
Julinho maak nou vir die derde keer sedert 2015 sy terugkeer tot Namibië se voorste sokkerliga wanneer die NPL volgende maand 'n aanvang neem.
Nelson Luiz, bestuurder van Julinho, vertel die kragmetings was taaier as wat hulle verwag het.
“Ons het Saterdag harde bene gekou, maar op die ou einde kon ons met die ervare spelers in die span die wa deur die drif trek.
“Die span het die afgelope seisoen hard gewerk om sukses te bereik en ons wou nie 'n glips maak om al ons moeite ongedaan te maak nie.
“Sondag se wedstryd was 'n powere vertoning, want die omstandighede was nie ideaal nie en ons het op hoë balle gekonsentreer om die klub se terugkeer tot die NPL te vier,” het Luiz verduidelik.
Julinho Sporting is die tweede klub uit die eersteliga wat vanjaar tot die NPL bevorder word, nadat die Young Brazilians van Karasburg in Julie dieselfde vermag het om vir die eerste keer deel van die gesogte NPL te wees. Hopelik kan die Leeus uit die noorde vanjaar met hul opwindende spel sommer heelwat harder brul as in die verlede en hulle sal gewis streef om nog 'n seisoen of twee in die NPL te bly. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie