JSE tik Wiese se Invicta op die vingers
Volgens Invicta is die JSE en sy ouditeure, Deloitte & Touche, onmiddellik ingelig toe hy bewus geword het van die verbreking van noteringsvereistes.
Die JSE het Invicta Holdings Dinsdag in die openbaar berispe nadat ''n filiaal Invicta-aandele gekoop het sonder die nodige goedkeuring.
Humulani Marketing het op 30 November 2015 1 880 000 Invicta-aandele van twee van die maatskappye se direkteure, Charles Walters en Arnold Goldstone en hul geassosieerdes, gekoop.
Invicta se aandeelhouers het die aandele goedgekeur op die maatskappy se jaarvergadering in September 2015.
“Hierdie terugkope is wel aangeteken op die bestelboek van die JSE se verhandelingstelsel, maar daar was ''n vooraf verstandhouding of reëling tussen Humulani en die direkteure, wat strydig is met die bepalings van paragraaf 5.72(a) van die noteringsvereistes,” sê die JSE.
“Die JSE het besluit om Invicta in die openbaar te berispe oor bogenoemde verbreking van die noteringsvereistes.”
Christo Wiese, die grootste aandeelhouer en voorsitter van Invicta, is op vanjaar se jaarvergadering uitgevra oor die onreëlmatige transaksie.
Volgens Financial Mail het hy geantwoord: “Watter soort besonderhede wil jy hê . . . wat meer wil jy weet?
“Ons het die saak onmiddellik reggestel sonder enige benadeling van die maatskappy,” het hy aan aandeelhouers gesê.
Invicta het Dinsdag in ''n verklaring gesê hy het “die JSE en sy ouditeure, Deloitte & Touche, onmiddellik ingelig toe hy bewus geword het van die verbreking van noteringsvereistes”.
“Die betrokke transaksies is gekanselleer en die maatskappy is vergoed vir alle kostes, insluitende alle transaksiegelde, rente en regsgelde, waardeur die maatskappy in dieselfde posisie geplaas is as waarin hy was voor die transaksie.
“Die maatskappy en die betrokke direkteure het hul volle samewerking aan die JSE gegee.”
Financial Mail het op 25 Augustus 2016 berig Invicta het “kernveranderings aan sy uitvoerende span aangebring, wat vertroue beklemtoon in die bestuurders wat blykbaar betrokke was by ''n aanmeldbare onreëlmatigheid”.
Invicta besit Bearing Man. Sy inkomste het van R365 miljoen in 1997 tot R10,2 miljard in 2016 toegeneem. Bykans 80% hiervan kom egter van die sukkelende landbousektor.
Sy wins voor belasting was 27% laer in die 2016-boekjaar weens hoër kostes.
Invicta se aandeelprys was Dinsdagoggend laat 2,5% hoër op R57,97. - Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie