Jou talent is bedoel om jou gemeenskap te beu00efnvloed
Jou talent is bedoel om jou gemeenskap te beu00efnvloed

Jou talent is bedoel om jou gemeenskap te beïnvloed

[email protected]
Adolf Kaure
Nadat ek onlangs my nuutste ateljeemusieksamestelling getiteld “For His Glory” vrygestel het, het dit my terdeë laat besef dat talent deur ’n doelwit voor oë aangedryf word.

Ek is al vir langer as tien jaar ’n kletsrymer en ek kyk terug na die tye wanneer ek gevoel het om daarmee op te hou en my fokus op ander dinge te plaas.

’n Lang tyd van sewe jaar het al verloop vandat ek die laaste keer op ’n verhoog opgetree, of selfs ’n album vrygestel het.

Hoewel die nasionale inperkingsmaatreëls ’n rol gespeel het om die vrystelling van my tweede album te vertraag, het ek darem deurgedruk om dit afgehandel te kry.

Dit was ’n moeilike reis. Sewe jaar se wag, gevolg deur die onvoorspelbare en onsmaaklike aard van die manier waarop Covid-19 hom voordoen.

Nietemin, as God jou ’n mandaat gee, soos Hy met my gedoen het toe ek in 2010 ’n wedergebore Christen geword het en ’n sin vir verantwoordelikheid op my hart gedruk het om ’n boodskapper vir jonger mense te wees en die evangelie aan hulle oor te dra, is daar uiteraard niks wat jou kan keer nie.

Selfs nadat ek deur Christelike organisasies en kerke uitgeskop is, kon dit nie die salwing keer wat die Here op my lewe geplaas het om die draer van goeie nuus te wees aan die mense wat Hy geskep het, veral die jonger geslag.

Daar is soveel dinge in die lewe wat jong mense laat ontspoor. Hierdie dinge sluit in om in verkeerde romantiese verhoudings te beland voordat jy daarvoor gereed is; die strewe om rykdom te verkry ten koste van jou eie siel en geluk; groepsdruk; afknouery, huishoudelike geweld, diskriminasie, uitsluiting van andere en soortgelyke kwessies wat ek in my musiek aanspreek.

Hierteenoor staan positiewe elemente soos liefde, koestering, vergifnis en eenheid, wat ook in my musiek ter sprake kom.

Ek het gedink my album sal dadels van kom en dat niemand daarvan sou kennis neem nie, want ek het nie juis ’n omvattende bemarkingstrategie gevolg nie.

Dit was ’n aangename verrassing terwyl ek ons daaglikse Erongo Talk vroeër vandeesmaand by die Rössmund-gholfklub aangebied het. ’n Ouer man het nadergestap en gevra of ek Ay4 is (die naam waaronder ek optree) nadat ek my liedjie “Forever” uitgevoer het.

Só het die lig by my opgekom dat my moeite nie vergeefs was nie, want ek ken hom van geen kant nie.

Verskeie ander mense het my al op soortgelyke wyse verras terwyl ek in die townships rondbeweeg vir koerantstories. Sommiges vertel my hoedat my lirieke hulle gehelp het om hul leefstyl te verander, of om sekere kwessies in hul lewens beter te hanteer.

Hierdie terugvoer het my werklik aangemoedig dat ek nooit moet opgee om my deur God te laat gebruik nie en dat Hy jou talent sal gebruik om jou gemeenskap te beïnvloed, met of sonder die hulp van ander mense.

So, ek moedig elke leser aan om met jou talente deur te druk. Selfs as mense jou verwerp of nie verstaan hoekom jy oor iets so passievol is nie, volhard omdat jou talent bedoel is om tot voordeel en verbetering van jou gemeenskap te wees.

Daar is vandag soveel misdaad in die wêreld en die mensdom se vlak van etiek is oor die algemeen laag, deels vanweë die finansiële stand van die wêreld.

Jóú talent hoef nie met myne vergelykbaar te wees nie. Jy hoef nie in ’n leierskapposisie te wees of ’n sogenaamde indrukwekkende werkbeskrywing te hê nie. Of jy ’n skoonmaker, ’n veiligheidswag, ’n boekhouer, IT-tegnikus, atleet of choreograaf is – jou talent dra groter gewig as wat jy waarskynlik besef.

Kyk net na wat jy lief is om te doen, waarmee jy goed is. Hou aan om dit voluit en met passie te doen. Selfs as dit lyk asof ander beter as jy hierin is, hou aan oefen en slyp om skerper te word. Harde werk help vorm ook jou potensiaal en vaardighede.

Dit is God wat jou die talent gegee het om toe te pas. Doen dit asof jy dit vir God doen. So sal jy begin om ’n uitwerking op jou gemeenskap te hê, veral in die gevaarlike tye waarin ons leef. Gryp jou talent en gebruik dit tot Sy verheerliking.

Kommentaar

Republikein 2025-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer