Jou geld-reis begin met u2019n enkele tree
Jou geld-reis begin met u2019n enkele tree

Jou geld-reis begin met ’n enkele tree

Enige doelwit, of dit nou is om gewig te verloor of om vir jou oudag te spaar, moet aangepak word met klein korttermyndoelwitte sodat jy gereeld positiewe versterking kry.
Estelle de Bruyn
Andró Griessel

Die menslike toestand is grotendeels een van val, opstaan en weer probeer. Hoewel hierdie proses soms soos mislukking kan voel, is dit geensins nie. Dit is dié mense wat val en nie meer die moed het om op te staan nie, wat uiteindelik misluk.

Onthou, die lewe is degenererend van aard. Om net op dieselfde plek te bly, kos inspanning.

As jy eenvoudig laat gaan, sal dit slegter gaan met jou gewig, onderneming, finansies, verhouding of wat ook al vir jou belangrik is.

Hierdie is waar vir jou Nuwejaarsvoornemens, maar ook vir die meeste ander aspekte van jou lewe.

Die probleem met baie mense se drome, ideale of voornemens is dat dit nie duidelik genoeg geformuleer is nie en nie in verteerbare kleiner mylpaaltjies opgebreek is nie.

Die vordering is dus moeilik om te sien omdat waar jy jou tans bevind (dalk op 120 kg) en waar jy wil uitkom (dalk 90 kg) eenvoudig so ver van mekaar verwyder is dat dit baie maklik is om moed te verloor nog voordat jy behoorlik begin het.

Enige doelwit, of dit nou is om gewig te verloor of om vir jou oudag te spaar, moet aangepak word met klein korttermyndoelwitte sodat wanneer jy daardie klein oorwinnings behaal, jy positiewe versterking kry dat waarmee jy besig is, wel ’n verskil maak en wel ’n stap in die regte rigting is.

Is jou finansiële beplanning dus op koers?

As jou antwoord ja is, sit gerus hierdie artikel neer en gaan bestee tyd aan ’n aspek van jou lewe wat moontlik nie reg verloop nie. Indien die antwoord nee is, kan die volgende paar stappe dalk help.

As jy nog nie dié stappe gevolg het nie, sal dit uiteraard met kostes gepaardgaan om dit te doen. Ek gee dus die lysie in volgorde van belangrikheid (na my mening).

1. Verseker jou inkomste

Behalwe as jou inkomste passief van aard is, is hierdie die belangrikste aspek van jou beplanning. Onthou, sonder ’n inkomste kan nie een van die menigte verpligtinge wat jy tans nakom, meer nagekom word nie.

Daar is hoofsaaklik twee gebeure waarvoor jy voorsiening moet maak, naamlik as jy in so ’n mate beseer is of siek raak dat jy nie meer kan werk nie (tydelik of permanent), en as jy sterf terwyl jy afhanklikes het.

’n Bekwame finansiële beplanner behoort jou goeie leiding te kan gee oor watter versekering gepas sal wees. Hierdie stap is eenvoudig en as jy vandag reeds ’n afspraak met jou adviseur maak, kan alles al oor ’n maand afgehandel wees.

2. Maak seker jy is verseker teen mediese koste

Ek weet van mense wat hul voertuie verseker, maar nie ’n mediese fonds het nie.

Dit is absurd. Die koste van die vervanging van ’n aardse besitting is beperk tot die waarde van daardie besitting.

Mediese uitgawes kan etlike miljoene rande beloop. Daar is uitsonderlike gevalle waar dit nie voorkeur kan geniet nie, maar dan moet jy aanvaar dat jy van staatshospitale gebruik sal moet maak.

3. Kry jou basisplan vir aftrede gereed

Party mense, ek ook, sê hulle gaan nooit aftree nie. Dis alles goed en wel, maar nie almal kan vir hulself werk nie.

Vir die meeste mense is daar ’n presiese aftreedatum iewers in die toekoms en hulle het ook ’n groot behoefte om eendag hul kantoordeur vir die laaste keer agter hulle toe trek.

Maar jy moet baie seker maak dat wanneer daardie dag aanbreek, jy dit sal kan bekostig om jou lewenspeil te handhaaf.

Hierdie stap is ongelukkig heelwat meer ingewikkeld as die eerste twee. Ek wil jou dit regtig op die hart druk om hierdie verantwoordelikheid nie te laat in die hande van iemand wat verlede jaar nog gimklasse gegee het of motors verkoop het nie.

Die aannames oor inflasie en groei, berekeninge en die kostes van produkte speel so ’n groot rol dat ’n halfgebakte benadering nie geduld kan word nie.



4. Oorweeg die impak van gevreesde siektes

Dit wil vir my voorkom dat veral kanker epidemiese afmetings aanneem en kommerwekkend genoeg al hoe meer jonger mense (onder 40 jaar) tref.

Dit gaan dikwels met groot kostes gepaard wat nie deur jou mediese fonds gedek gaan word nie. Praat met jou finansiële raadgewer hieroor en maak seker dat jy met die impak van so ’n siekte sal kan saamleef.



5. Beplan vir jou leefstyl

As jou basiese finansiële beplanning gedek is, kan jy kom by die meer aangename aspekte van geld – hoe dit jou lewe kan verbeter.

In hierdie fase kan jy beplan om geld uit te gee, want onthou, geld sonder toepassing het geen waarde behalwe miskien ’n mate van gemoedsrus nie. Tipiese voorbeelde hiervan sal wees om ’n vakansiefonds te stig of ’n plan vir die vervanging van voertuie voor of ná aftrede te beraam.



6. Belastingvermindering

Vir die top-2% is dit die heel belangrikste voorkeur. Dit is bloot omdat hulle reeds aan al die ander aspekte aandag gegee het. As jy by hierdie stadium van jou beplanning kom, het jy eintlik niks meer om jou oor te bekommer nie.

Sterkte vir 2017 en onthou, enige reis begin met die eerste treetjie, so neem dit!

Andró Griessel is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en besturende direkteur van ProVérte Wealth & Risk Management.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%