Jou DNS en my DNS en Dalí die ding
Laas Donderdagaand in Figueres, Katalonië.
Voor die pienk teatermuseum met reuse-eiers op die dak staan 'n briesende ou man met 'n wandelstok.
Die laaste van die besoekers het die gebou verlaat, die deure is gesluit. Dis 22:20.
Versigtig word 'n 1,5 ton-steenblad gelig. Die terrein is afgesper en bedek teen nuuskierige oë en hommeltuigkameras. Die ou man stap nader. Die dun "10 oor 10"-snor bewe. Vergeefs probeer hy 28 jaar se plooie uit sy snyerspak wegvee.
Niemand sien hom nie. Alle oë is op die grafkelder: Salvador Dalí i Domènech, 1904 – 1989.
Die Dalí-teatermuseum is die grootste surrealistiese voorwerp ter wêreld. Gebou op die oorblyfsels van die ou munisipale teater van Figueres wat aan die einde van die Spaanse burgeroorlog in 'n brand vernietig is. Hier, op sy tuisdorp, het die kunstenaar Dalí in die 1960's sy museum opgerig. Dit bevat onder meer die grootste versameling van sy belangrikste werke en sy graf is onder die verhoog van die ou teater.
Elders vryf 'n 61-jarige fortuinverteller haar hande in afwagting.
Maria Pilar Abel beweer sy is die kind van die bekendste surrealis van alle tye. In 1955 verwek in 'n vlugtige affêre tussen hom en haar ma.
Die afgelope 10 jaar worstel die waarsêer met die howe om DNS-toetse gedoen te kry. Tante Maria sê sy is nié agter die Dalí-fortuin van 300 miljoen euro aan nie. Dis glo al jare 'n openbare geheim dat sy die kunstenaar se kind is en sy wil net hê die waarheid moet uit.
“Die fisieke ooreenkoms tussen my en hom is so sterk, ek kort net die snor,” sê sy. Blykbaar het die vrou wat sy gedink het is haar ouma aan vaderskant, haar kleintyd ingelig: “Ek weet jy is nie my seun se dogter nie. Jy is die dogter van 'n groot kunstenaar, maar ek is steeds lief vir jou. Al is jy net so vreemd soos jou pa.”
Soos die hele gedoente. 'n Mens sou tog verwag 'n waarsêer weet alles.
In 2007 is sy die eerste keer hof toe met die neusbuise waarmee die kunstenaar ná 'n brand suurstof toegedien is. Die uitslag van die toetse op die weefselmonsters was onbeslis.
Dalí se biograaf, Robert Descharnes, vir wie Maria om hulp genader het, het materiaal met weefselmonsters na 'n ander laboratorium gestuur. Maria sê sy het nooit terugvoering gekry nie. Hoewel Descharnes se seun Nicholas gesê het die uitslae was negatief, volgens die dokter wat die toetse gedoen het.
Tante Maria probeer weer in 2015 en siedaar, die hof sê laas week laat waai en lig daai kis. Neem hare, naels en twee groot bene sodat die wetenskap kan uithaal en wys.
Die uitslag word oor twee maande verwag. Dan kan Dalí en sy weefsels weer ter ruste gelê word. Geen respek vir die dooies nie, brom mense tereg.
Intussen sal Maria asem ophou en die ou man al hoe kwater word oor sy verbete andersheid aan flarde is.
Omdat hy moet dwaal in 'n skewe wêreld wat hy nie eens vir een van sy mees bisarre skilderye kon optower nie. Oor die ydelheid, narsisme en gierigheid wat sy eie by verre oortref. Kromnek-duime-op-die-skerm-kuberverslaafdes, tropdiere op die moet-alles-hê-mallemeule, bloedbadterreur in die naam van geloof en Mammon.
Jammer, oom Salvador. In die wêreld van selfsug en selfies is almal 'n Dalí.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie