Jooste klap die sweep
Slegs 50% van die 300 SOE's se finansiële verslae is in orde en té veel maak nie 'n wins nie.
Catherine Sasman - Staatsondernemings (SOE's) het gedurende die 2017-'18 finansiële jaar meer as N$4 miljard van die staat ontvang terwyl die totale skuldlas reeds meer as N$43 miljard beloop - wat 25% van die bruto binnelandse produk (BBP) uitmaak.
Die opbrengs op bates van die SOE-portefeulje is negatief en lewer 'n verlies van meer as N$150 miljoen per jaar.
In die lig van hierdie somber syfers beloop die gesamentlike salarispakkette van SOE's 'n verstommende N$6,1 miljard, wat volgens die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, nie volhoubaar is, gemeet aan die huidige vlak van prestasie en finansiële resultate nie.
Jooste het gesê dié syfers weerspiëel ook lae vlakke van aanspreeklikheid wat kritieke en geteikende ingryping van die regering regverdig. Die staat, het hy gesê, moet 'n aktiewe aandeelhouer wees.
“Dit kan nie langer 'sake soos gewoonlik' wees nie en die dae dat kommersiële SOE's subsidies van die regering kry, is getel. Nienakoming van korporatiewe bestuursbeginsels kan nie langer geduld word nie,” het Jooste Maandag aan raadslede en bestuurshoofde van SOE's gesê.
DIE STAND VAN SOE's
Vanaf Desember verlede jaar is daar 300 SOE's waarvan 71 gelys is. Uit die 71 kan 38 as nie-kommersieel geklassifiseer word en 22 is kommersieel. Die ander 11 is finansiële instansies.
Die SOE's in die energie-, vervoer, kommunikasie-, water-, opleiding-, en finansiële sektore verteenwoordig meer as 90% van alle bates. Teen Desember was die totale batewaarde ongeveer N$91 miljard werd.
Die algehele opbrengs uit hierdie bates is egter negatief, wat 'n groot afhanklikheid van regeringsondersteuning beteken.
Aan die ander kant is nakoming van korporatiewe bestuursbeginsels egter swak.
Jooste het daarom gesê direksies moet hulself toewy daaraan om volle nakoming binne spesifieke tydraamwerke te bereik. Hierdie sal as aanwysers in prestasie-ooreenkomste vasgelê word.
Die nienakoming van bestuursvereistes kan nagespeur word in die verslagdoening – of nieverslagdoening – van hul prestasies.
So byvoorbeeld is jaarlikse geouditeerde finansiële state van slegs 50% van die kommersiële, 36% van finansiële en 11% van nie-kommersiële SOE's op datum.
Slegs 20% van alle SOE's het bestuursooreenkomste in werking, 25% het prestasie-ooreenkomste en slegs 48% het sakeplanne.
Slegs 10 van die 38 kommersiële SOE's is winsgewend.
VOORTAAN. . .
Jooste het gesê van die nuwe finansiële jaar af moet sekere maatreëls in werking gestel word.
Dít sluit in wysigings in die wetsontwerp om eenvormigheid in die SOE-sektor teweeg te bring, 'n transformasiestrategie en 'n beleid oor eienaarskap wat gefinaliseer moet word vir 'n kabinetsbesluit, prestasie- en vergoedingsraamwerke, en riglyne vir die aanstelling van direksielede.
Vergaderings van direksies gaan voortaan ook beperk word tot vier per jaar. Direksies kán meermale vergader indien die situasie dit vereis, maar slegs met die toestemming van die ministerie.
Ingevolge internasionale korporatiewe bestuursreëls moet direksies ook nie by aankope betrokke wees nie.
Riglyne oor die werwing en skorsing van SOE-hoofde gaan binne die eerste kwartaal van 2018 bekend gestel word.
Jooste het gesê wat kommerwekkend is, is dat die meeste SOE's nie opvolgplanne vir uitvoerende hoofde het nie. Meer as 90% van die uitvoerende hoofde wat vir SOE's gewerf word, kom gewoonlik van buite en het in baie opsigte geen agtergrond oor die entiteite wat hulle dan moet bestuur nie.
Jooste het voorts gesê die ministerie gaan 'n verbeterde regsraamwerk instel sodat direksies verantwoordelik gehou kan word vir finansiële verliese as omsigtigheidsondersoeke nie toegepas is nie of geïgnoreer is.
Daar sal veral na die aanspreeklikheid van kollektiewe direksies en individuele raadslede gekyk word.
“Raadslede sal persoonlik aanspreeklik gehou word met gepaardgaande onaangename gevolge,” het Jooste gewaarsku.
Sy ministerie is tans ook besig om die 2010-riglyne vir salarisse van SOE-personeel te hersien. Vir nou gaan inflasie-aangepaste verhogings toegelaat word.
Jooste het ook gewaarsku SOE's gaan in die vervolg nie toegelaat word om lenings aan te gaan om hulself uit finansiële verknorsings te red nie. Hy het ook gesê “onbankbare besigheidsplanne” gaan nie goedgekeur word nie.
Hy het gesê die bekamping van korrupsie gaan verskerp word deur spesiale ondersoeke waar wanpraktyke vermoed word en waar korrupsie ontbloot word, sal dit by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aangemeld word.
Hierdie spesiale ondersoek gaan ook kyk na bestuursfoute, gebrekkige beleid en strukturele tekortkominge.
“Die transformasie sal gekompliseerd en selfs by tye onaangenaam wees, maar ons word gelei deur ons oortuiging dat elke voorstel en besluit in die beste belang van die land moet wees,” het Jooste gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie