Jooste: Gaomab moet as Fishcor-voorsitter bedank

Sukkelende vismaatskappy se hoop op kwotaveiling

14 April 2021 | Visserye
Ronelle Rademeyer – Een terugslag ná die ander tref Fishcor en die regrukplan waaroor die voorsitter, mnr. Mihe Gaomab II, joernaliste sowat ses weke gelede in Windhoek toegespreek het, is aan die wankel.

Dié vismaatskappy van die staat is nie net tans sonder 'n uitvoerende bestuur nie, maar gaan ook sy voorsitter verloor.

Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE's), het gister by navraag gesê Gaomab II se onlangse aanstelling as hoof uitvoerende beampte van die Namibië Nywerheidsontwikkelingsagentskap (Nida) raak sy posisie in die rade van twee ander SOE's. Dit is naamlik sy voorsitterskap van Fishcor en sy posisie as raadslid van die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibia (Cran).

“Ons (die ministerie) gaan hom vra om te bedank,” het Jooste in 'n whats­app gesê.

Fishcor is tans onder bestuur van 'n tydelike toesighouer, die direksielid me. Ruth Herunga, nadat die topbestuurslede een na die ander bedank het.

Intussen adverteer die vismaatskappy sy toegedeelde 5 000 ton kwota vir stokvis wat aan boord gevries en nie aanlandig verwerk word nie.

Gaomab sê Fishcor hoop om sowat N$60 miljoen met die verkoop van dié kwota te verdien.

Dit beteken hy hoop om minstens N$12 000 per ton te kry.

Hy sê dié geld is geoormerk om bedryfsuitgawes te dek.

“Ons beoog om minstens N$60 miljoen uit die 5 000 ton stokviskwota teen N$12 000 per ton in te samel. Die inkomste sal vir onmiddellike en dringende finansiële en bedryfsbehoeftes aangewend word,” het hy gesê.

Dit is die tweede keer vanjaar dat Fishcor 'n kwota verkoop om sy deure oop te hou.

Fishcor het vroeër vanjaar sowat 3 000 van die 9 000 ton kwota vir stokvis wat deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne aan hom toegeken is, vir N$12 700 per ton verkoop het om uit sy geldelike verknorsing te kom. Dit het aan die vismaatskappy 'n inkomste van N$39 miljoen besorg, het Gaomab ses weke gelede op 'n nuuskonferensie aan joernaliste gesê.

Hy het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die Sentrum vir Finansiële Intelligensie (FIC) het Fishcor se gevriesde bankrekening vroeg in April weer geaktiveer. Die sluiting van die rekening was weens Fishcor se beweerde oortreding van valutabeheerregulasies.

Dié vismaatskappy was die episentrum van die storm wat losgebars het toe die Fishrot-skandaal in November 2019 oopgevlek is.

Gaomab wou vroeër nie nader besonderhede verstrek oor die ondersoek waarmee die FIC en die Teenkorrupsiekommissie (ACC) besig is nie.

Hy het wel gesê dit is belangrik dat Herunga as tussentydse toesighouer die leisels oorneem, aangesien dit nodig is om dié twee agentskappe van inligting te voorsien.

Volgens hom word goeie vordering gemaak met die aanstelling van 'n nuwe uitvoerende hoofbeampte by Fishcor in die plek van mnr. Mike Nghipunya, wat in aanhouding is op klagte wat met die Fishrot-skandaal verband hou.

[email protected]


FOTO
Fishcor se vissersboot, die MVF Monte San Roque, in die hawe van Lüderitz. Foto Nampa

Soortgelyk

 

Styging van 56% in nuwe gevalle, 184 gister aangemeld

4 ure gelede | Gesondheid

Gister is 184 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 3,9% en 56% meer as die vorige dag. Die meeste gevalle is in Windhoek en...

Veldbrande woed al tien dae

17 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

17 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

17 ure gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

17 ure gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...

V5 Digital a forerunner in digital solutions

17 ure gelede | Tegnologie

Iréne-Mari van der WaltMore than three years ago, Armin Wieland founded his business, V5 Digital, after noticing that there was a lack of companies in...

Do it with passion or not at all

17 ure gelede | Howe

Desiree Gases Ngeendina Angula, born and raised in Greenwell, Windhoek, moved to Cape Town, South Africa, when she was 13 years old and lived there...

A love for engineering and airplanes

17 ure gelede | Vervoer

Wetumwene Shikage Describing her journey at Fly Namibia, Gabriela Kamaahene says the experience has been surreal. She says the company continuously grows and she...

Opflikkering in inentings

17 ure gelede | Gesondheid

> >Dani Booysen - Nadat die wêreldwye verspreiding van ‘n nuwe variant van Covid-19, nou bekend as Omicron, Donderdag rugbaar geword het, het aansienlik...