Jonty kies sy vier beste veldwerkers
Krieket
Jonty Rhodes word wyd beskou as een van die beste veldwerkers in krieketgeskiedenis.
Die 51-jarige voormalige Proteas-kolwer het 52 toetse en 245 eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespeel, waarin hy onderskeidelik 34 en 105 vangkanse benut het.
Maar Rhodes sal waarskynlik ewe veel onthou word vir die hoeveelheid lopies wat hy in die veld gekeer het en al die uitloopkanse wat hy bewerkstellig het.
Die legende van Jonty Rhodes het begin toe hy die Pakistanse kaptein Inzamam-ul-Haq by die Wêreldbekertoernooi in 1992 op skouspelagtige wyse uitgeloop het.
Niemand het harder aan sy veldwerk geskaaf as Rhodes nie en hy het glo telkemale die spanbus vertraag om nog ’n laaste ronde vangoefeninge te voltooi.
Maar watter spelers van sy era en in moderne krieket bewonder hy?
Rhodes sê in ’n onderhoud met Cricinfo die voormalige Aussie-kaptein Ricky Ponting was een van die bestes wat veldwerk betref.
“Ricky Ponting was ’n ongelooflike veldwerker. Hy het op ’n slag sy enkel vergruis toe hy in advertensieborde ingegly het.
“Ouens soos ek en Ricky het soms die prys betaal weens ons pogings om elke liewe lopie te keer. Daar was nie in ons speeldae kussings om jou te beskerm op die grens nie, jy het in ’n muur of heining ingegly.
“Die akkuraatheid waarmee hy die paaltjies getref het, was ook verstommend.”
Rhodes verwys ook na een van sy voormalige Protea-spanmaats as ’n bobaasveldwerker.
“Herschelle Gibbs . . . Ek het ’n groot deel van my loopbaan saam met hom gespeel en dit was dit wonderlik.
“Dit was baie pret met hom in die dekke en ek op punt wat die teenstanders se kolwers terroriseer.”
Rhodes noem twee spelers wat vir hom uitstaan wanneer hy aan hedendaagse veldwerkers dink.
“Ek het dit geniet om Suresh Raina dop te hou. Hy was ‘Mnr. IPL’. Almal het gepraat oor sy kolfwerk en hoe hy vir so lank nie ’n enkele wedstryd misgeloop het nie.
“My indruk van hom was: Hier is ’n ou wat in Indië grootgeword het en in die veld rondduik, ’n aanduiding dat hy nie bang is nie.
“Raina en AB de Villiers . . . Ek het hulle albei geniet. Dit gaan nie net oor die vangkanse nie, dit gaan oor die voorgevoel.”
Rhodes se toetsloopbaan het van 1992 tot Augustus 2000 gestrek, terwyl hy 11 jaar internasionale eendagkrieket gespeel het van 1992 tot 2003.
Hy is tans die afrigter van die Sweedse nasionale span.
– Netwerk24, Cricinfo
FOTO’s
Herschelle Gibbs was ook ’n bobaas- Suid-Afrikaanse veldwerker. Foto Getty Images
Jonty Rhodes hou ’n ongelooflike vangskoot teen Engeland in ’n eendagwedstryd in Birmingham in Augustus 1998. Foto Adrian Murrell / Allsport / Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie