Jongste wêreldleier verkies
Sebastian Kurz, leier van Oostenrykse konserwatiewe ÖVP-party, wat Sondag die land se parlementêre verkiesing gewen het, gaan die wêreld se jongste staatshoof word.
Die 31-jarige se eerste taak is egter om moontlike koalisies te oorweeg, aangesien sy party nie 'n meerderheid kon behaal nie.
“Ek sal natuurlik 'n stabiele regering wil saamstel. As dit nie moontlik is nie, is daar ander opsies,” het hy aan die uitsaaier ORF gesê.
Hy het bygevoeg dat hy van plan is om met al die partye in die parlement te praat, maar hy gaan eers wag vir die stemme wat per pos uitgebring is en wat Maandag nog getel moet word.
Die posstemme sal bepaal wie tussen die Sosiale Demokrate en die verregse Vryheidsparty die tweede meeste stemme behaal het.– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie