Jongste Covid-19-data
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike welsyn het vandag 564 bykomende gevalle van Covid-19 bevestig.
Dit is die data vir gister.
Die syfers is gebaseer op 2 238 nuwe laboratorium-uitslae, maar Nampa het vanmiddag berig daar is steeds ‘n noemenswaardige agterstand in die ontleding van toetse.
Van die nuwe gevalle het 45% kontak gehad met bevestigde gevalle. Minder as twee derdes toon simptome.
Teen gister was 43 positiewe pasiënte in die ICU: 38 in Windhoek en 5 aan die kus.
Ons kaart wys waar die nuwe gevalle aangemeld is, asook ander belangrike data.
Meer as 1 000 gesondheidswerkers het sedert Maart positief getoets, nog 41 gister. Die gevalle is as volg per distrik versprei: Windhoek 23, Oshakati 5, Tsumeb 3, Lüderitz 2 en 1 elk van Mariental, Outjo, Karasburg, Omaruru, Walvisbaai, Swakopmund, Rundu en Andara.
Swakopmund het die kerf vir 1 200 gevalle in totaal verbygesteek. Ander drumpels wat oorgesteek is: Otjiwarongo 450+, Rundu 250+, Tsumeb 150+, Outjo 50+.
Die nuwe sterfgevalle is beide mans, onderskeidelik 64 en 86 jaar oud van Windhoek en Swakopmund. Beide het onderliggende siektes gehad.
Maandag is 231 nuwe persone onder kwarantyn geplaas en 295 is uit kwarantyn ontslaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie