Jonges vir toekoms gebrei
Jonges vir toekoms gebrei

Jonges vir toekoms gebrei

Die beheerliggaam is oorgehaal om meer Namibiërs vir groot kompetisies te laat kwalifiseer.
Tielman van Lill
’n Span van Namibië het Woensdag in Port Elizabeth aangekom om vanaf vandag tot Dinsdag aan die 2017 Nedbank nasionale kampioenskap van die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Gestremdes deel te neem.

Saam met Suid-Afrika en Zimbabwe sal verskeie Namibiërs aan hul eerste nasionale kompetisie sedert die 2016 Paralimpiese Spele kompeteer. Ses atlete sal aan baan- en velditems deelneem, terwyl drie in die balspel boccia sal meeding.

Die ses is Eino Mushila, Moses Tobias, Eliakim Ameinge, Abraham Hafenanye, Johanna Benson en Lahja Ishitile wat deur die gesiggestremde naellopers se gidse Sydeny Kamuaruuma en Mahmad Bock vergesel word. Die ander drie is Lihanda van der Smit, Andreas Schoombee en Salome April.

Atlete gebruik dié kompetisie as ’n geleentheid om vir die 2017 IPC wêreldkampioenskap in Londen asook die 2017 IPC junior wêreldkampioenskap in Switserland te kwalifiseer. Die twee gebeurtenisse word onderskeidelik in Junie en Augustus aangebied.

tot dusver het nog net Ishitile, Benson, Johannes Nambala en Ananias Shikongo reeds vir die twee vermelde kompetisies gekwalifiseer. Volgens die spanbestuurder Niklaus Nghumono is die plan om soveel as moontlik atlete die kans te gee om te kwalifiseer. Volgens hom is die Namibiese Paralimpiese Komitee met ’n vierjaarplan besig om jong atlete vir die toekoms te ontwikkel. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2026-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer