Jonges staan hul man in vreemde
Die Namibiese sesmanskap (van links) Wikus Nel, John Roelof Dreyer, Anton Jacobie junior, Adriaan Steyn, John Redman en Rialdo Snyders met die medaljes wat hulle Sondag in die plaatfinaal van die 2017 Internasionale Junior Kanopolokampioenskap teen Ierland gewen het. Die Namibiese o.16's het die gasheerland se A-span met 3-0 by die Knockbracken-reservoir in Belfast, Noord-Ierland, oorrompel. Die spannetjie het 18 wedstryde gespeel waarvan hulle 14 gewen, drie verloor en een keer gelykop geëindig het. Rolspelers in dié opwindende watersport is opgewonde oor wat hierdie blootstelling vir die jong spelers se groei kan beteken. Die span en hul spanbestuurder mnr. Ryno Snyman word vandag in die land terug verwag. Die goue medaljes in beide die o.16 en o.19-kampioenskappe is deur Pole ingepalm. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie