Jonges geniet RFS-liga
Hokkie
Die binnenshuise hokkieliga vir kinders, geborg deur Retirement Fund Solutions, het laas naweek in Windhoek aan die gang gekom.
Dit word jaarliks in die ouderdomsgroepe onder 10, o.13 en o.16 beslis tussen spanne wat die Lions, Cheetahs, Cougars of Jaguars verteenwoordig. Altesame 150 kinders is vanjaar in aksie in die strewe na die wenmedaljes.
Die toernooi word vir die derde jaar deur K5 Sports gereël in samewerking met Retirement Fund Solutions wat dit uit die staanspoor gerugsteun het om binnenshuise hokkie in Namibië op gesonde voet te ontwikkel.
Kinders van enige en elke agtergrond kry 'n kans om mee te ding en te leer terwyl hulle speel.
Kinders van alle skole is genooi en word deur K5 in die spanne toegedeel.
Ses spanne word vanjaar gekies om in die heel eerste Namibia Intercity 2019-toernooi te speel, waar die Namibiese Hawks en Eagles teen binnenshuise spanne uit Suid-Afrika sal meeding.
Dié wedstryde sal van 12 tot 15 April by The Dome op Swakopmund geskied en is die eerste geleentheid van sy soort in die land.
Die Retirement Solutions Fund ligawedstryde word nog vir die volgende twee naweke by die Windhoekse Skouterrein se binnenshuise saal gespeel, in die opbou na die groot finaal op 8 Maart.
Laas naweek het die Cougars die voortou geneem, terwyl opwindende talent en kompeterende gees tussen die spelers te sien was.
Die liga het die afgelope jare gesonde groei getoon en die organiseerders bedank Retirement Fund Solutions vir sy steun om die binnenshuise spel in Namibië van vroegs af te ontwikkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie