Jonges dreun mekaar op

Tennis
Die eerste Sanlam junior tennistoernooi vir die jaar is die afgelope naweek by die Sentraal-bane in Olympia aangebied.

Tennisspelers van oor die land, van so ver as Outjo en Swakopmund, het kom deelneem. Die getal inskrywings was bo verwagting en het organiseerders verras en goeie kompetisie in al die ouderdomsgroepe gewaarborg.

Toeskouers is glad nie teleurgestel nie en hoogs aanskoulike tennis is aangebied. Veral die onder 18 seunsfinaal tussen George Louw en Daneel van der Walt het die aandag vasgevang. Beide seuns is net 14 jaar oud, maar het reeds internasionale ervaring en het juis as o.18’s ingeskryf om die maksimum kompetisie te kry.

Van der Walt het vier weke terug in Swakopmund vir Louw laat les opsê en het alles in die stryd gewerp om sy titel te verdedig. Hy het in die semifinaal teen Sarel Janse van Rensburg gewen (6-2, 6-2), terwyl Louw die eindstryd gehaal het deur Dian Calitz met 6-2, 6-4 uit te skakel.

In hul eindstryd het hulle mekaar opgedreun met goeie plasings, afwisseling van houe en akkurate afslane. Met die telling op een stel elk moes ’n spannende en harde supervalbytpot (eerste tot by 10 punte) die onderskeid tref.

Louw het met sy taktiese spel en vinnige afslane gou die voortou geneem en het uiteindelik met 6-2, 3-6, 10-4 geseëvier.

In die seuns o.12-afdeling het 16 spelers sake uitgespook in vier rondomtaliegroepe, waar die beste twee in elke groep tot die kwarteindronde deurgedring het.

Fiksheid en deursettingsvermoë was hier van kardinale belang omdat van die spelers tot vyf wedstryde moes speel (gelukkig kort stelle) om tot die finale te vorder. ’n Hele paar wedstryde was naelbyters wat in valbytpotte beslis is.

Abraham Alemu en Brian Edwards is albei o.10 seuns in die o.12-afdeling wat tweede in hul onderskeie groepe geëindig het. Alemu het vir Arnaud Marais met 6-3, 3-6, 10-5 in hul kwarteindstryd geklop, maar het sy rieme styfgeloop in die semifinaal teen die gunsteling, Ruben Yssel, wat uiteindelik in die o.12 afdeling koning gekraai het.

Xavier Klazen van Outjo het uitstekend gevaar, maar het net-net (7-5, 3-6, 11-9) verloor teen Ruan Calitz wat uiteindelik die silwermedalje ingepalm het.

Calitz het daarna vir Liam Forster in ’n riller van ’n semifinaal getrotseer. Forster was in die supervalbylpot met 9-5 voor, voordat Calitz hom met 11-9 uitoorlê het.

Ruben Yssel het in die finaal teen Calitz met 7-5, 6-4 gewen om ’n welverdiende goue medalje te verower.

Die seuns o.14-afdeling is gemaklik gewen deur Adam Diggle. Sy enigste noemenswaardige kompetisie was in die eindstryd waar hy vir Oliver Leicher met 6-4, 6-4 gewen het.

Die meisies o.14-afdeling is oorheers deur Raica Coelho wat net drie potte in haar ses wedstryde afgestaan het.

By die meisies o.16 het Lisa Yssel, nes haar broer Ruben, nie toegelaat dat sy ’n wedstryd verloor nie. Sy het net drie potte afgestaan in haar vier wedstryde om goud in te palm.

Ayanda Basson het by die meisies o.10 skoonskip gemaak deur vir Minenhle Moyo van Swakopmund met 8-0 te klop. Die meisies o.12 is oorheers deur Hayley Kidd van Swakopmund wat net twee potte in haar segetog na die goud afgestaan het.

Volgens Hilaria Graig, Sanlam se bemarking- en kommunikasiebestuurder, is Sanlam hoogs tevrede met die goeie opkoms van spelers. Dit is reeds die 5de jaar wat Sanlam junior nasionale toernooie borg waarvan hierdie een die meeste inskrywings nóg opgelewer het.

Die Namibiese Tennisvereniging spreek sy dank uit teenoor Sanlam vir die reusebydrae om tennis te ontwikkel en toernooie soos dié moontlik te maak.

Die toernooi was die ideale voorbereiding vir die Namibiese o.12-span wat oor ’n week na Bulawayo in Zimbabwe vertrek. Hulle gaan aan die Internasionale Tennisfederasie (ITF) en Konfederasie van Afrika-tennis (CAT) se Suidelike Afrika o.12 spankompetisie deelneem (18 tot 22 Maart). Die twee topspanne word outomaties na die Afrika junior kampioenskap later vanjaar genooi.

Die o.12-seunspan is JW du Preez, Ruan Calitz en Ruben Yssel en die meisies is Hayley Kidd, Karla Terblanche en Odycia Karaerua. Die spankaptein is Idel Terblanche en afrigter Norman Makuwaza.

Die uitslae van die Sanlam junior toernooi:

Seuns o.10: 1 Abraham Alemu, 2 Brian Edwards, 3 Samuel Nel.

Meisies o.10: 1 Ayanda Basson, 2 Minenhle Moyo, 3 Lila Kidd.

Seuns o.12: 1 Ruben Yssel, 2 Ruan Calitz, 3 Liam Forster. Dubbelswenners: Ruan Calitz en Ruben Yssel.

Meisies o.12: 1 Hayley Kidd, 2 Karla Terblanche, 3 Odycia Karaerua. Dubbelswenners: Hayley Kidd en Karla Terblanche.

Seuns o.14: 1 Adam Diggle, 2 Oliver Leicher, 3de Juan Kuhn. Dubbelswenners: Oliver Leicher en Adam Diggle.

Meisies o.16: 1 Lisa Yssel, 2 Hendrina Apollus, 3 Sute Tjombe; Dubbelswenners: Lisa Yssel en Hendrina Apollus.

Meisies o.16: 1 Diken de Jong, 2 Christian van der Merwe, 3 Jaco Becker. Dubbelswenners: Jaco Becker en Samuel Mayinoti.

Seuns o.18: 1 George Louw, 2 Daneel van der Walt, 3 Dian Calitz. Dubbelswenners: George Louw en Sarel Janse van Rensburg.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%