Jong ysters gereed vir skoleweke
Vier Namibiese rugbyspanne het gister hul nasionale kleure ontvang voordat hulle die RSA se provinsiale unies die stryd gaan aansê.
Tielman van Lill
Mnr. Sollie Duiker, nasionale koördineerder van die Namibiese Skolesportunie (NSSU), het gister by Wanderers die spanne aangekondig wat Namibië vanjaar by die o.13 Cravenweek, o.16 Grant Khomo-week, o.18 Akademieweek en o.18 Cravenweek sal verteenwoordig.
Voordat elkeen van die 92 laer- en hoërskoolseuns met 'n pet vereer is, het Chrysander Botha, die 28-jarige Namibiese heelagter, die seuns toegespreek.
Hy het reeds in 44 toetse vir sy land uitgedraf waarin hy 21 drieë gedruk en altesaam 180 punte aangeteken het.
“In 2005 en 2006 het ek ook gesit waar julle ouens nou is. Dit was wonderlike jare en tye wat ek nog steeds koester.
“Die ouens met wie ek in daardie tyd vriende gemaak het, het nog steeds kontak met mekaar. Baie van hulle speel lankal nie meer rugby nie, maar dit is lekker om mekaar te bel en oor rugby te praat,” het hy gesê.
Botha het as 17-jarige Namibië op die sokkerveld verteenwoordig en was ook 'n kranige atleet voordat hy al sy aandag op rugby toegespits het.
“My boodskap aan julle ouens is, gaan en geniet die spel. As jy iewers wil kom, moet jy nie ophou om hard te werk nie.
“Ek het nooit opgehou speel nie en met harde werk, deursettingsvermoë, dissipline en vasberadenheid het die spel my na vele plekke oor die wêreld geneem.
“Ek weet julle almal het baie werk ingesit om vandag hier in dié uitverkore geselskap te sit. Baie geluk aan julle en die ouers,” het die heelagter vertel.
Coca-Cola Namibië borg vanjaar opnuut die vier spanne wat na Suid-Afrika reis.
Duiker het namens die NSSU die hoofborg bedank. “Ons opregte dank aan Coca-Cola wat seker gemaak het ons kan die seuns na Suid-Afrika stuur.
“As dit nie vir hulle was nie, sou dit nie moontlik gewees het nie. Coca-Cola is oral in die land as 'n borg van sport betrokke en dien Namibië met hul ruimhartige ondersteuning.”
Die o.13 Cravenweek- en o.16 Grant Khomo-span vertrek volgende week na Bloemfontein waar beide geleenthede vanaf 10 tot 14 Julie gelyktydig by Grey Kollege aangebied word.
Die o.18 Akademie- en o.18 Cravenweekspan reis ook volgende week na Johannesburg waar beide toernooie saam vanaf 17 tot 22 Julie by St. Stithians Kollege gehou word.
Die Namibiese spanne is:
O.13 Cravenweekspan: 1 Dian de Beer (Danie Joubert Gekombineerde Skool), 2 Petrus Wilders (Privaatskool Elnatan), 3 Hugo Schoombee, 4 Bianco Stuart (Privaatskool Walvisbaai), 5 Dante Muller (Laerskool JTL Beukes), 6 André Brand (Privaatskool Moria), 7 Christiaan Barnard (Gobabis Gimnasium), 8 Theuns van Wyk (Elnatan), 9 Denver Beukes (Laerskool Orban), 10 Freddie Dreyer (Elnatan), 11 Suramie Kambombo (Laerskool Walvisbaai), 12 Jurenzo Julius, 13 Louw Rossouw (PS Walvisbaai), 14 Ryk Erasmus (Edugate Akademie), 15 Rewaldo Diergaardt (Laerskool Westside).
Reserwes. Ben Burger (Affies), Jayden van Zyl (Parkies), Kyle van Wyk (Windhoek Gimnasium), Stefan Dreyer (Privaatskool Oranjamund), Levalle Underhill (Whk Gim), Romano van Wyk en Antonio Pieters (Danie Joubert), Tristen Sawyer (Laerskool Origo). Afrigters: mnre. Patrick Ludick, Reagen Gertze, Mauritz Thirion en Brian Titus, spanbestuurder mnr. Rialdo van Wyk.
O.16 Grant Khomo-span: 1 Herchelle van Wyk (Whk Gim), 2 Frederik Engelbrecht, 3 Marthinus van Wyk (Tsumeb Gim), 4 Michael Thuynsma (Whk Gim), 5 Tiaan de Klerk, 6 Ethan Rittman (Whk Gim), 7 Jean van Rensburg (WHS), 8 William Otto (kaptein, Tsumeb Gim), 9 Christopher Deck (Grootfontein Agri Kollege), 10 Kenan Walters (WHS), 11 Maandero Haimbodi (WHS), 12 Samuel Poulton (onderkaptein, Whk Gim), 13 Kian Fransman (PS Walvisbaai), 14 Lyle Beukes (Whk Gim), 15 Jeandre Loubser (WHS).
Reserwes: Dick Jager (Elnatan), Faliciano Mauaha (Moria), Jano Otto (Whk Gim), Forhé Windstaan (Danie Joubert), Brand Davids (PS Walvisbaai), Ettiene du Toit (WHS), Rushano van Rooi (Whk Gim), Brendon Besser (DR. Lemmer). Afrigters mnre. Morné Rust en Wimpie van der Merwe, spanbestuurder mnr. Gert de Waal.
O.18 Akademie-span: 1 Frank Bosch (Tsumeb Gim), 2 Gerhard Steyn (Privaatskool Keetmanshoop), 3 Leo Assmundson (PS Walvisbaai), 4 Adriaan Venter (kapt, WHS), 5 Christiaan Henning (WHS), 6 Bernhardt Wessels (WAP), 7 De Wet Oosthuizen (Affies), 8 Romario Janga (WHS), 9 Devan Langenhoven (PS Walvisbaai), 10 Xander Coetzee (WHS), 11 Donavan Resand (WHS), 12 Henry Olivier (o.kapt, Whk Gim), 13 Kieran Diergaardt, 14 Morgan Estehuizen (Whk Gim), 15 AJ Zhaal (WHS).
Reserwes: Damian Mouton (haker, PS Walvisbaai), Jurgen-Leigh Human (stut, Affies), Adriaan Esterhuizen (stut, WHS), Ruan du Toit (slot, WHS), Victor van der Watt (flank, PS Walvisbaai), Franklin Busch (heelagter, M&K Gertze), Kyle Wentzel (agterspeler, WHS), Aston Mukunilongo (agterspeler, Hoërskool Walvisbaai). Afrigters: Mnre. Ainsley Daniels en William Assegaai, spanbestuurder mnr. Willie van Zyl.
O.18 Cravenweekspan: 1 Chris Swanepoel (WHS), 2 Louw Steenkamp, 3 Gerhard Opperman (Whk Gim), 4 Frans Oosthuizen (Affies), 5 Pieter-Daniel Kock (Tsumeb Gim), 6 Gilead Plaatjies (PS Walvisbaai), 7 Realdo Rittman (kaptein, Whk Gim), 8 Franco Opperman (Whk Gim), 9 Jacques Theron (WHS), 10 Denzo Bruwer (Whk Gim), 11 Elmarco Beukes, 12 Justin Muir (WHS), 13 Gerswin Mouton (Affies), 14 Darryll Wellman (PS Walvisbaai), 15 Delron Brandt (onderkaptein, WHS).
Reserwes: JC Rossouw (haker, WHS), Wander Augustyn (stut, WHS), Brandon Nortje (slot, WHS), Ignacio Feris (flank, WHS), Johanré Potgieter (losskakel, Tsumeb Gim), Le Roux Booysen (agterspeler, Elnatan), Siegfried Potgieter (agterspeler, Tsumeb Gim). Afrigters: Mnre. Henry Kemp en Henjan van Heyde, spanbestuurder mnr. Algenic de Klerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie